Posts

Showing posts from February, 2013

Ek Steve alweer...

Image
Saterdagaand was dit weer sulke tyd. Dit was egter die eerste keer saam met my man… Steve het opgetree by Kleine Valleij net buite Wellington. My man is glad nie ‘n groot aanhanger nie, terwyl ek ‘n slaafse navolger is van dié man met die losse sedes. Dit het baie oortuiging en mooipraat gekos om my Lambrecht-man te oorreed om saam te gaan. Hy moes na ‘n bloubul se sang gaan luister terwyl die Bloubulle en die Stormers mekaar die stryd aansê op Loftus Versveld. Dit was baie gevra, maar ter wille van, het hy ingestem. Hy het die man immers nog nooit op ‘n verhoog gesien nie. En dis iets wat elke Suid-Afrikaner behoort te doen! My eerste keer was in standerd twee in Kakamas se N.G. Kerksaal. Ek het daardie aand my hart op Steve verloor. Totaal en al. Weke aaneen het ek na sy kasset met die rooi omhulsel op my geel “walkman” geluister. Oor en oor en oor. Ons maak ‘n bondel en Wilma stuur die epos Woensdag uit – wie bring wat vir die piekniek by Steve. Sommer vinnig is ons pieknie

Ons vier die liefde

Ons heel eerste Valentynsdag is gevier met 'n maanligpiekniek by die Taalmonument. Ek onthou dat Lambrecht heelaand net in my oë wou staar. My maag het later gegor vir die kaas en beskuitjies. Ons het vonkelwyn gedrink tot my kop lig was van die liefde. Na die piekniek het ons gaan dans by Opskop. Net ons twee, omdat ons lus was vir dans. Ons tweede Valentynsdag het ons nog by Santé Spa gevier met 'n spa-behandeling. My heel eerste spa ervaring. Ek was in die wolke. Na die afspraak is ons eers Paarl Mall toe vir 'n CD van Enya. Ons wou nie afval van die wolkie waarop ons was nie. Op maat van Enya is ons na Val de Vie - die pragtige landgoed met perde resiesbaan. Ons het aan "cocktails" sit en filosofies raak oor die lewe. Ons was jonkgetroud - opgewonde oor ons toekoms saam. Laasjaar was ons Valentynsdag in Engeland. Dit was onmenslik koud. Die kombuis se verwarmer was byna heeldag aan. Ons voorgereg was kaas en beskuitjies uit die hartjie bordjies wat ek by m

Vet skaaprib en soetpatats

Ek onthou die eerste maaltyd wat ek vir my man in Engeland voorberei het so goed. Dit was 'n sampioensop met interessante broodrolletjies. Vandag weet ek jy maak nie punte by my man met sop nie. Toe het ek dit nog nie geweet nie. Die onweerswolke wat pal oor die hele Engeland hang het my egter laat luskry vir warm kos. Eerste keuse sou my ma se skaapboud, ouma Suzie se braai aartappels, rys met 'n vetterige sousie daaroor en 'n skeppie soetpatats wees. In Engeland is nie 'n pa André wat skaapboude van die Boesmanland voorsien nie. Jy koop ook nie daar 'n skaapboud vir sommer net nie... Dus moes ek 'n goedkoop en maklike opsie kies: Warm sampioensop. Terug in die land van melk en heuning, Afrikaans en skaapvleis, voel ek weer meer vertroud agter die kospotte. Gee my skaapvleis in enige vorm, en ek weet wat om daarmee te maak. In Engeland kon ek groente, vrugte, heerlike vis, hoender en vark teen 'n appel-en-ui kry, maar ek was verlore. Gisteraand, laata

Sjokoladelus op 'n Vrydagaand

Vrydagaand na aandete, net voor “Dis hoe dit is met Steve” begin, identifiseer ek ‘n groot lus. ‘n Groot lus na iets uit Woolies se “To Go” winkeltjie by die Engen vulstasie in Paarl se hoofstraat. Lambrecht stem in om gou saam te ry. Hy sal my help kies. Oppad kan ek sien my bestuursvernuf maak hom kriewelrig. Ek vermoed ek ry te stadig. Ek stop te lank by stopstrate en trek nie onmiddelik weg as die lig groen geslaan het nie. En toe parkeer ek nog soos my watsenaam voor die winkeltjie ook. Dit neem my weer onnodig lank om te besluit waarvoor ek lus het op ‘n Vrydagaand om 21:00. Die finale keuse l ê vir my tussen ‘n “chocolate brownie” en ‘n pekanneuttertjie. Lambrecht beduie dat hy iets baie lekkerder gesien het. Ek moet kom kyk. Dis sy absolute gunsteling. Terwyl ek met hongerige o ë staar na die pakkies “brownies” met ‘n karamellagie en dan sjokolade daaroor, kom druk ‘n vreemde man sommer hier naby verby my. “Dis regtig baie lekker,” lewer hy ongevraad kommentaar van a