Posts

Showing posts from January, 2011
Vol Moed na Moedskep Piketberg se boerseuns mag partytjie hou – dit het die Moedskepdans die ander aan duidelik bewys! Ek en my man word deur ’n vriendin met belange in Piketberg genooi na dié plaasdans van die jaar. Ons is ook nie links nie en beplan heelweek aan ons uitkamp in Elandsbaai. Self het ons nie ’n enkele stukkie kampbehore nie, maar ons leen Nico se oulike groen tentjie met Yvette-hulle se luukse blou opblaasmatras. En toe’s ons gereed vir ons eerste uitkamp in Elandsbaai. Sommer met die aanland in Elandsbaai waarsku die hand vol oopgesig Piketberg boerseuns dat hulle vanaand moedskep en moet skep. Wilma het ’n BMW vol “single” vriendinne uit die Paarl saamgebring – sodat die boerseuns wat nog alleenlopers is darem goeie geselskap vir die aand het. Ons kampplek bestaan uit ’n klomp geleende tente en kampstoele, ’n tafeltjie met genoeg alkoholiese verversings vir ’n weermag en ’n heel paar koelsakke, gelaai met ys. Ek en my man was skaars uit die motor of Lambrecht word ’n

Getroudwees smaak soet

Image
Hy kom anderdag met ‘n raserige PnP-sak agter die rug by die huis aan. Na ons klaar gegroet het haal Lambrecht die mooiste, vetste rooiwang mango agter sy rug uit. Vir my is dit kosbaar. Na ‘n lang dag by die werk was my (nuwe) man bereid om in ‘n PnP tou te staan – om my te bederf met een van my gunsteling vrugte in die wêreld. “Die huwelik is soos ’n blomtuin ou Surra”, raak my pa die ander aand filosofies oor die telefoon. “Hoe meer jy in die tuin werk, hoe mooier die blomme wat daai tuin sal dra.” Ons staan aan die begin van ons lewenspaadjie saam en op hierdie stadium is ek steeds heel betower deur my man en die huwelik. Nooit sou ek kon droom dat dit so lekker kan wees om elke môre langs dieselfde man wakker te raak nie. Niemand kon my voorberei op die seën   van laataand gesels met koffie oor diep dinge nie. Niemand vertel jou die lekkerte van alle eerstes nie...eerste inkopies, eerste keer saam in die kerk, eerste keer dat jy hom “my man” kan noem. Die eerstes is so volop soo