Posts

Showing posts from August, 2011

Koffie op Piketberg

So gebeur dit dat ek verlede Saterdag vir die eerste keer op Piketberg kom. Ek verloor sommer dadelik my hart op die oulike Bolandse dorpie. Ons stop vinnig by die Spar op die dorp vir melk en “blueberry” muffins   voordat ons deurskiet na Devilliers-hulle se plaas. Ons tyd op die plaas Saterdagoggend is taamlik beperk. Ons moet net na middagete weer dorptoe vir die rugbyfinaal tussen Nuwerus en Moorreesburg. Devilliers speel vir Moorreesburg. Wilma vra mooi dat Devilliers ons Bo-die-Berg Piketberg moet vat om my die mooi daar te gaan wys. Hy beduie ook dat sy sommer sy beursie moet saambring. Die uitsig van bo af is sprokiemooi. Jy sien so wyd as die Heer se genade. Die kyk is so baie dat dit nie kan opraak nie. Devilliers ry dieper die bergpaadjie op totdat ons ‘n bordjie Bo-die-Berg Piketberg kwekery en teetuin kry. “Ons kan ‘n teetjie gaan drink as julle wil,” kondig Devilliers dan aan. Ek en Wilma laat ons natuurlik nie twee keer nooi nie. Met die stofpaadjie op na die teetui

Huis is waar jou hart is

Ek weet nou waar huis is, want ek het weer sterre gesien, stof geruik en die soet smaak van Afrikaanspraat op my tong gevoel. Ek praat gister met my man oor die foon. Hy klink verlig om te hoor dat ek uitsien daarna om hom weer te sien. Ek klim die vliegtuig Engeland toe, na my man toe. Nie na my huis toe nie. Huis is Suid-Afrka, ondanks misdaad… Ek en my man besluit sommer gisteraand baie finaal dat Engeland net ‘n pitstop sal wees. Ons glo die Here het ‘n wonderlike plan en rede vir di é pitstop. Dalk is dit goed vir ‘n jonggetroude paartjie om in die ver w ê reld te leer aanpas. Dis inelkgeval uitstekend vir kommunikasie. Wanneer ek my vir my man vererg moet ons dit eenvoudig uitpraat. Ons het immers net mekaar! Maar wanneer ons uiteindelik wil huisopsit en met ‘n gesinnetjie begin, moet dit verkieslik in ons hartland wees. Ek het al vergeet hoe goed dit is om naby jou wortels te wees. Vir ‘n volle week lank het ek en my pa stoksielalleen op Makkiesplaas gekuier. Soggens is ek

Pofadder se langoortjies

Langoor kleuterklub staan skuinsoor Pep Stores in Pofadder se hoofstraat. Dit mag dalk lyk soos ‘n doodgewone huisie as jy vinnig verby ry, maar dis alles behalwe. Langoor kleuterklub het vir my Marietjie-sussie van Pofadderdistrik, ‘n droom geword wat bewaarheid is. Sy kan nou boervrou wees é n kleuterskooljuffrou. Van Maandag tot Donderdag is Marietjie boervrou. Sy bak mosbeskuitbrood, waag haar hand aan naaldwerkies en sorg dat daar elke middag vir manlief Stan, ‘n bord goeie boerekos op die tafel is. Maar Vrydae doen my sussie waarvoor die Here haar in die wieg gel ê het: Sy gaan wees kleuterskooljuffrou vir plaaskindertjies. Hierdie Vrydag was my voorreg om saam met haar skooltoe te gaan. Ons staan swaar op terwyl die koue wolke kwaai en groot oor die Boesmanland hang. Stan laai die skoolgoedjies terwyl dit nog halfdonker en re ë nerig buite is. Net na ‘n melkkoffietjie en van Marietjie se selfgebakte karringmelkbeskuit, vat ons die pad Pofadder toe. Ek gaan laai Marietjie aan