Posts

Showing posts from February, 2020

'n Maandag blouer as blou

Saterdag raak ons jongste een. Ons onderneem ‘n daguitstappie na Kaapstad. Sulke uitstappies klink altyd lekkerder in ‘n mens se kop as in die werklike lewe. Adriaan gedra hom mooi. Behalwe die glas blou melkskommel wat hy in Wimpy omgooi, verloop die oggend mooi. Hy raak rustig aan die slaap tydens ons boottrippie in die hawe. Hy verkyk hom aan alle mense en glimlag te fraai as iemand in sy rigting kyk. Die laaste 10km voor Wellington, oppad terug, raak vir hom te veel. Ons haal hom noodgedwonge uit sy stoeltjie. Maar ‘n 1-jarige wat gen óé g gehad het is ‘n gevaarlike ding. Hulle is meedo ë nloos. Hulle kan ‘n ma gewetenloos verinneweer! Toe ons uiteindelik tuis arriveer voel ek tien jaar ouer en doodmoeg. Gisteraand besluit ek en manlief om ‘n noodvergadering byeen te roep. Ek en hy sal moet besin en strategie uitwerk oor hoe ons hierdie fase gaan hanteer. Ons huis lyk gedurig of hier ‘n orkaan deur is. Ons lieflike jongste het meer speelgoed as wat sy sussie en boetie van kon dr