Posts

Showing posts from January, 2016

DRAMA: Speen van die fopspeen

‘n Raps meer as ‘n week gelede oortuig ons, ons oudste om haar dummy vir haar klein Andréa niggie te gee. Sy lyk heel ingenome met die gedagte. Die oorhandiging   geskied die oggend net voordat ons vertrek uit Strandfontein. Ons het ‘n week lank heerlik gekuier saam met ons plaasfamilie.   Dis ‘n groot geleentheid. Eers word die pragtige pienk NUK dummy wat ouma Marinda nog vir ons gegee het, in kookwater gekweek. Daarna prop Rietjies die dummy in klein Andréa se mond. Sy lyk eers vies oor die nuwe dummy, maar dan doen sy haar deel mooi. Sy begin suig te kostelik aan die dummy. Amé is so trots op haar vrygewigheid, sy wil sommer mense op straat stop om te vertel. Iewers oppad huistoe vra sy vir die eerste keer na haar dummy. Ons verduidelik geduldig dat sy mos so gaaf was om haar dummy vir haar baba niggie te gee. Later huil sy hartstogtelik en dreig om boetie sin uit sy mond te ruk. Vir ‘n week lank voer ons die stryd. Soms gaan dit beter, en dan wil ons optimisties glo o

2015 stoepdans op Millerton

Image
Oujaarsdans 2015 gebeur op Marietjie en Stan se heerlike plaasstoep. Ons is net ‘n handjievol uitgenooides. Elkeen sal bydra tot die laaste maal vir 2015. Stan leen luidsprekers sodat ons die musiek ordentlik kan hoor op die stoep. Donderdagoggend help ek Marietjie om die duisende (of so voel dit) blikkies en potte plante wat haar stoep versier, af te dra. My sussie is ‘n aggressiewe, kreatiewe versamelaar. Sy skep iets uit niks en verfraai hul Millerton-werf al te vrolik daarmee. Dit maak stoep skoonmaak dus ‘n werk. Ons beplan die sitplek op die gras, waar ons gaan eet, en waaraan ons sal knibbel vooraf.   Marietjie grawe diep in Stan se drankkas en ontdek sowaar nog ‘n bottel bubbly van Stan se 21 st . Sy kan nie meer beïndruk wees met haar vonds nie. Wat is nuwejaar dan tog sonder bubbly wat spuit. Ons hele dag word gewy aan voorbereidings. Tussendeur word Andréa gevoed soos nodig, Daniël ruk vir die tweede keer drie van Marietjie se fraai geblikte aalwyntjies ui