Posts

Showing posts from January, 2017

Wellington se vure

Vandag is die hemel vir die eerste keer in ‘ n hele week weer helder ligblou, soos ons dit altyd ken. Die berge lyk veilig, majestueus en bolandmooi, soos altyd. Ek woon in Wellington. Ek het nie vure geslaan of kos uitgedeel of enigiets ekstra spesiaal gedoen tydens al die brande nie. Ek is bloot ‘ n huismamma van twee klein kindertjies, en as ons, ons voordeur oopmaak kyk ons uit op Wellington se lieflike berge. Die laaste drie dae was die ergste. Helikopters het heen-en-weer gevlieg. Dit het kompleet gevoel of ons in ‘ n oorlogsone woon met alle rook en helikopters. Dalk was dit bietjie soos ‘ n oorlogsone. Oorlog teen die vuur. Oorlog teen mense wat vuur maak omdat hulle harte ongelukkig is, en nie die verreikende gevolge deurdink nie. Oorlog teen wanhoop. Oorlog teen baie dinge. Eergisteraand was die vlamme ‘ n vernietigende monster wat oranjerooi teen ons mooi berge veld gewen het. Die manne was teen hierdie tyd al so moeg. Die wind wou net nie mooi saamspeel nie. Ons

Mooiweer en pannekoek op Millerton

Die Boesmanland lyk vandag soos ‘n wintersdag in die Boland, dit ruik na pannekoek en kaneel, dit voel soos die hemel.  Sagte druppeltjies sak elke nou-en-dan uit. Ek dink dis hoe die hemel moet voel; dankbaar, uitbundig, vol verwagting, vredevol en vars. Dit het gister al begin. Gisternamiddag was die Boesmanland so warm dat ons met nat waslappe op ons voorkoppe moes gaan middagslaap. Ons was besonders moeg na ‘n baie suksesvolle en vrolike nuwejaarspartytjie saam met ons Boesmanlandfamilie in Pofadder, die vorige aand. Ons het al met die opstaanslag gisteroggend begin uitsien na ons middagslaap. Nie eens die nat waslappe kon ons afkoel nie. My Marietjie-sussie het met ‘n nat waslap op haar voorkop én voete geslaap, en dit wou nie eens help nie! Teen koffietyd namiddag het die donderweer begin donder. Die plaasniggies was in verwondering toe die eerste druppels val. Die donderweer het Anmari (3) egter vreesbevange gehad. Dit was so erg dat my swaer later daarop aangedring het