Posts

Showing posts from September, 2010

Treinspoorstap

Image
Corieta laat weet my Vrydagnamiddag dat hulle Saterdagmôre gaan stap – treinspoorlangs van êrens af tot by die Tolhuis Restaurant. Uitstappies saam met Erika, Annalise, Ebeth, Michelle en Corieta loop ek nie graag mis nie. Ek weet hulle nooi my soms ietwat huiwerig. Tussen hulle praat ek nooit eintlik saam nie. (Nou nie dat jy vreeslik praatkans gegun word nie! Hier veg elke ou vir sy spreekbeurt, want almal het altyd baie te sê!) Ek luister altyd net en lag. Ek lag baie, want tyd en ondervinding en jare het hulle geleer om die lewe met ’n knippie sout te vat. Hulle weet hoe om die humor in elke situasie te sien. En as ek by my huisie kom, kan ek nie wag om te skryf oor hulle en van hulle nie! Michelle,Annalise(agter),Erika,ek,Ebeth en Corieta Hierdie Saterdag was geen uitsondering nie. Ons pak die pad saam met nog ’n hand vol fikser vrouens as onsself aan. Die vrouens is aangetrek, gehoed en gewater vir groot stap. Sommer uit die staanspoor sien ek dat hulle nou nie gekom het vir lag

Charlies se kersligkinders

Woensdagaand sit ek agter Charlie Hofmeyr se blou voorhooggordyn saam met Retief Burger, baie bekende gospelsanger. Ons drink Hot Chocolate en gesels oor die storie van ons elkeen se lewens. Tussendeur hot chocolate en baie praat knibbel hy aan Hester se ma se lekker biltongtoebroodjies. Gemaklike mens, die Retief. Man so na aan God se hart, hoor ek sommer gou. Ek voel yskoud van senuwees voor sy vertoning. Aan die anderkant van die blou skoolgordyn is 'n klomp honger kinders met seer stories. Ek weet. Daar's 'n handjievol ouers wat daar is omdat hul kinders nie alleen kon kom nie. Daar's NG-predikante en daar's 'n Shofar-pastoor... EK weet Retief weet hoe om atmosfeer te skep en mense se harte te raak, maar tog. Hy het 'n vaal ou skoolsaal en geen "band" tot sy beskikking daardie aand. Dis dit. Maar die Here was daar, jy kon dit voel. So baie mense het ook vooraf gebid vir hierdie geleentheid. Die aand is meer as waarvoor ek kon bid, baie me