Posts

Showing posts from April, 2015

'Nice Sondag Strand roomys

Sondagnamiddag is die perfekte herfsdag. Ons besluit baie impulsief om Strand toe te ry vir roomys. Die Strand het maar selde die perfekte stranddae. Maar dit het wel die perfekte roomyswinkel. Ons het ‘n spesifieke een, ‘Nice’, wat ons graag ondersteun. Die geluk is aan ons kant. Ons kry parkeerplek sommer klipgooi van die roomyswinkeltjie. Dit neem my, soos gewoonlik, ‘n rukkie om op ‘n roomys te besluit. Selfs toe Lambrect al ‘n rukkie in die ry staan, probeer roep ek subtiel van buite die winkel na my man binne. Ek’t van plan verander. Nie meer vanilla met karamelsjokolade rondom nie. Ek soek nou eerder “rum and raison” op ‘n “sugar cone.” Aan die mense wat verbaas na die verwarde mamma met die twee kinders in stootkarretjies staar, steur ek my min. En dan gebeur die onvoorspelbare. ‘n Knalrooi Uno kom stop langs die winkel. Op ‘n geel streep. Die karretjie se vrag is swaar. Die passasiers sit op mekaar se skote. Net enetjie klim uit. Dis ‘n lenige, goedgeboude meisie.

Marietjie se yskas

Dis regtig een van my gunsteling bestemmings. Ek kan myself binne die ruimte verloor en verstom in een asem. Dit bly ‘n avontuur. My Marietjie-sussie se yskas… Marietjie is ‘n baie geordende en flukse vroutjie, moet ek ter verdediging begin. Haar yskas getuig van haar deugsaamheid. Daar is eenvoudig ‘n ietsie van alles, órals. Boonste rak is oopgemaakte gebotteldes. Daar is ‘n skraps van tannie Marinda se kerrieperses onderin ‘n groot bottel. Dan is daar ‘n klomp klein halwe botteltjies – dis nou appelkooskonfyt, vyekonfyt en kweperkonfyt onder andere. Almal is nie konfyteters nie. Maar Marietjie is. Haar snytjie boerbrood saans word mooitjies halveer. Die een helfte kry altyd botter, ‘n teelepel konfyt en ‘n bietjie kaas op. Die ander helfte wissel – soms kaiings, ander aande stukkies biltong of soms eenvoudig botter met Bovril. Daar is gewoonlik ook gebottelde beet en gebottelde koperpenniewortelslaai op daai boonste rak. Die middelste rakke van Marietjie en Stan se yska