Posts

Showing posts from 2020

Die 12de Jaar

Image
  Twaalf jaar het verbygevlieg. Dit voel soos ‘n leeftyd gelede. Steeds onwerklik. Op hierdie dag twaalf jaar gelede was die sonsondergang besonders mooi. Dit was meer oranje as rooi. Ons het gekyk hoe dit stadig ondergaan, en dan plotseling net weg is. Ek het daardie aand gedink: Hierdie sonsondergang het my ma misgeloop. En sy sal geen sonsondergang hierna ooit weer sien nie. Ons was oppad Kakamas toe van Bloemfontein af. Ek kan nou nog Ds. Peet se stem oor die telefoon hoor. Al het twaalf jaar al verloop. Elke liewe jaar probeer ons sussies hierdie dag net verby kry. ‘n Week gelede besluit ek, ek wil op hierdie dag iets betekenisvol doen. Ek vra Nadia of sy nie kans sien om my te begelei op my verste drafroete ooit nie. Sy is ‘n gesoute hand. Nadia laat haar ook nie twee maal nooi nie. Iewers deur die week besef ek dat die weer nie gaan saamwerk nie. Gisteraand re ë n dit katte en honde. Ek boodskap Nadia om te hoor van ons drafplanne. Sy stuur terug – koffie en ‘n piesang v

My Pa se Strandfontein 60ste

  In Januarie stap ek en my middelste Marietjie-sussie op Strandfontein se strand en droom van die perfekte 60ste partytjie vir my pa. Ons eerste gedagte is ‘n lang gedekte tafel op die stofpad oppad Makkiesplaas toe. Ons sal wit tafeldoeke gebruik met baie kerse. As die son sak sal dit ‘n 60ste raak in die Boesmanland wat niemand sal vergeet nie. Stilte...sterre...en natuurlik ongelooflik baie en lekker kos. Al my pa se gunstelinge. Daar moes ingelegde sousboontjieslaai volgens ouma Ans se resep wees. Die roosterkoek sou bedien word met sagtevet en soet konfyt. Die vleis moes dood gaar gebraai wees, want dis hoe my pa daarvan hou. O ja, en daar moes gemarineerde lieslappies wees om die aand mee af te skop. Nagereg sou wit koek wees. Met min versiersuiker, want my pa glo die lekkerste koek is sonder versiersuiker. Toe onthou ons van die wind op Makkiesplaas. Dit kan ‘n sprokiesagtige 60ste saam met alle bure en familie laat ontaard in ‘n nagmerrie. Waarheen sal alle gaste gaan vir to

Wat net ma's verstaan...

Image
  Hierdie storie gaan nie oor my nie. Dit is ook nie diep of filosofies – soos dat een vrot appel die res ook sal vrot maak nie. Dit gaan oor ma’s met baie kinders (Of soms kan selfs een kind mos soos baie voel!). Lank gelede was ek selfsugtig,perfeksionisties, ambisieus en selfbehep (Soos baie van ons is voordat ons trou en kinders kry). Ek kon ‘n hele Saterdagoggend in ‘n koffiewinkel sit met ‘n koerant en koffie. Ek kon my verkyk aan die mense. Ek het soms in my mou gelag vir mammas met hul buite-beheer-krose. My kindertjies sou immers nooit só wees nie. Ek sou die wereld verander met my mooi stories. My voorkoms was belangrik en ek was obsessief oor wat ek eet en nie eet nie. Alles is nou anders. Ek eet enigiets en ALS – van Adriaan se oorskiet van die vloer af, tot Macdonalds roomys as ons die kinders wil bederf. Ek voel meestal ek het die suiker nodiger as hulle. Ek vermy op hierdie stadium koffiewinkels. Dis nie ‘n goeie idee met ‘n baie woelige twee-jarige nie. En die plooi

Die swart gat - en hoe om uit te kom.

Sondag bel ek my middelsus. Ek bel hier vanuit my diep en donker gat, laat ek haar weet. “Kry vir jou ‘n projek. “ Dis haar antwoord op enige probleem. Projekte hou mens se kop besig. Daar’s nie tyd vir projekte nie, wil ek gil. Ek leer my kinders. Ek voed my gesin. Ek hou die huis skoon en ordelik. Maar ek’s te ordentlik om op my sussie te gil. Ek antwoord bloot dat ek ‘n projek het. Ek verdiep myself in boeke oor positiewe denke – van Dr. Caroline Leaf wat positiewe denke wetenskaplik bedink, tot Joyce Meyer wat positiewe denke vanuit die bybel beredeneer. Marietjie begin lag. “Jou projek werk duidelik nie. Kry iets anders.” Dis ‘n nuwe week en ‘n nuwe kans. Verlede week het ek die stryd teen my denke lelik verloor. Ministers se uitsprake en/of toesprake, sosiale media en koerante het my dieper in my swart gat gehelp. Dit raak ‘n vreeslike donker plek as jy nie vinnig saam met ‘n vriendin iewers ‘n koffie kan drink en sommer net lag oor alles nie. Ek en Lambrecht he

Korona Dagboek - Dag 6

So met die aankondiging van die lock down was die vraag op die meeste middelklas huishoudings se lippe: Mag ons steeds met ons hondjies gaan stap en mag ons aanhou draf. RSG is warm gebel met hierdie vraag. “Mag ons steeds met ons hondjies gaan stap?” Aanvanklik het die minister gevoel jy mag nie eintlik gaan draf of met jou hondjies gaan stap nie. As jy dit wel doen, moet jy dit net asseblief verantwoordelik doen. Na die eerste sterfte het ons geskrik. Die minister inkluis. Toe mag niemand meer stap met hulle hondjies of draf nie. Selfs al het jy dit vantevore verantwoordelik gedoen. Ek is op Wellington drafgroep se whatsapp groep. Die drawwers is besig om teen die mure uitgedryf te word. Een gesoute drawwer wonder anderdag op die groep hoe erg een nag in die tronk nou werklik kan wees....as mens nou betrap sou word tydens een hemelse drafsessie buitekant. Ek beduie vir manlief dat ek op breekpunt is. Ek is nie ‘n wafferse drawwer nie, maar ek het wind in my hare en swe

Korona Dagboek - Dag 4

My Pofaddersussie se oudste noem dit die Macarona-virus. Marietjie s ê haar kinders het die maskertjies op die nuus gesien. Toe wil Anmari en Andr é a opsluit ook sulke maskertjies h ê . Sy het sommer sulke koddige maskertjies uit koffiefilter papier met toutjies aan prakseer. Nou speel haar kinders buite met die maskertjies aan. Terwyl ons onlangs by my pa-hulle op die plaas kuier, gaan lei ek die boompies in die begraafplaas nat. Die kinders gaan altyd saam. Die begraafplaas op Makkiesplaas is ‘n lieflike speelplek vir die Coetzee-kindertjies. Adriaan sit sommer so onder die peperboom in sy akkertjie en speel in die water. Am é rankskik die potjies op die grafte en Dani ë l maak die walletjies heel wat breek van die water. Dis altyd sulke lekker geselstyd met die kinders. Ek vra versigtig wat hulle dink van die Koronavirus. Dani ë l antwoord na so ‘n rukkie - hy sal net nie wil doodgaan daaraan nie, want dit sal nie vir hom lekker wees nie. Ons het Donderdagmiddag op Mill

Korona is op ons

Image
Maandagoggend vroeg het ek soos baie ander mense die winkels ingevaar opsoek na Vitamine C, Dettol handewasseep en “hand sanitizer.” Nodeloos om te s ê kon jy nie meer ‘n enkele “hand sanitzer” in Wellington opspoor nie. In Clicks se ry het ek ‘n tannie hoor mompel – “as die bl ê rrie Chinese nie so alles eet nie, het ons nie nou met hierdie krisis gesit nie.” Nog later het ek gesien hoe sy trane onopsigtelik afvee terwyl sy vir ‘n vriendin vertel hoe hulle ‘n vakansie waarna hulle al so lankal uitsien, moes kanselleer. Dit het geklink na ‘n kuier by kinders oorsee. Korona is nou ons werklikheid. Maandagmiddag gaan kuier ons by my tannie in Durbanville. Ons laaste uitstappie in ‘n lang tyd. By Paarl se afrit vertel ek sommer so terloops aan die kinders dat die eerste gevalle van Korona ook nou in die Paarl aangemeld is. Dani ë l wys my vinnig daarop dat ons liewers ons ruite moet toe hou as ons deur die Paarl ry. Netnou waai die Korona in. Ons bel gisteraand my pa om hom

Adene se Plaasblomme

Image
Saterdagnamiddag loop ek en buurvrou Leandri mekaar op die grasperk voor ons huise raak. Dis altyd ons lekkerste kuiertyd – so op die gras voor ons huise, met kinders wat rondom ons speel. Ons albei se mans ry die volgende dag die Argus en ons praat sommer oor ons planne met die kinders so sonder die pappas. Ek moet byvoeg – ek wou regtig nie graag uitmis op Lambrecht se eerste Argus nie. Ek was selfs bereid om met die drie kinders by die wenstreep te wag vir sy oomblik van glorie. Manlief ken my egter nou al teen hierdie tyd goed genoeg. Ek is glad nie ‘n realis nie. Die dromer en optimis in my “sien” sulke uitstappies altyd lekkerder as wat dit ten einde uitdraai. Die werklikheid is dat ek met drie kinders gaan sukkel om parkering te kry. Dan gaan ek sukkel om in daardie klein spasie te parkeer. Teen die tyd dat ons uit die motor is gaan ek met drie baie geïrriteerde kindertjies baie ver moet stap om by die wenstreep te kom. Die kanse is baie goed dat een of meer honger, dors o

Genoeg

Hierdie naweek ontvang ons ‘n nota van die skool: Daar’s weer kopluise in die rondte. Was maar jou kind se hare met die nodige sjampoe ter voorkoming.  Sondagaand gaan dit weer lekker by die Coetzees. Ek bad die drie sommer so saam. Een jaar later is ek al soos ‘n goed geoliede masjien wanneer badtyd aanbreek. Soos sommige badtye maar verloop, is di é een weer chaos. Die oudste twee baklei oor baba se oulike musiek instrument waarmee mens in die bad kan speel. Baba probeer water uit die kraan drink. As hy   nie daarin slaag nie, probeer hy die badprop uittrek. Oudste twee spat te wild in die water. Baba huil, want hy hou nie van ‘n gespat nie. Drie kinders is nie aan te bevele vir mense wat hou van rustigheid en orde nie. Toe almal klaar gebad is besef ek eers dat ek vergeet het van die luis sjampoe (Dis ‘n vreeslike naam!!!). Ek verseker oudste dat ons die volgende aand haar hare met die voorkomende sjampoe sal bykom, maar sy nie die nuus van haar ma se vergeetagtigheid

'n Maandag blouer as blou

Saterdag raak ons jongste een. Ons onderneem ‘n daguitstappie na Kaapstad. Sulke uitstappies klink altyd lekkerder in ‘n mens se kop as in die werklike lewe. Adriaan gedra hom mooi. Behalwe die glas blou melkskommel wat hy in Wimpy omgooi, verloop die oggend mooi. Hy raak rustig aan die slaap tydens ons boottrippie in die hawe. Hy verkyk hom aan alle mense en glimlag te fraai as iemand in sy rigting kyk. Die laaste 10km voor Wellington, oppad terug, raak vir hom te veel. Ons haal hom noodgedwonge uit sy stoeltjie. Maar ‘n 1-jarige wat gen óé g gehad het is ‘n gevaarlike ding. Hulle is meedo ë nloos. Hulle kan ‘n ma gewetenloos verinneweer! Toe ons uiteindelik tuis arriveer voel ek tien jaar ouer en doodmoeg. Gisteraand besluit ek en manlief om ‘n noodvergadering byeen te roep. Ek en hy sal moet besin en strategie uitwerk oor hoe ons hierdie fase gaan hanteer. Ons huis lyk gedurig of hier ‘n orkaan deur is. Ons lieflike jongste het meer speelgoed as wat sy sussie en boetie van kon dr