Posts

Showing posts from September, 2015

Die Storie van Basie van Brandvlei

Dinsdag agtermiddag kom stap ou Basie op Makkiesplaas aan. Hy lyk gedaan gestap. Sy enigste besitting is ‘n groen Checkerssak in die hand. Die somtotaal van sy aardse goed. “Middag Baas, ek’s Basie,” groet hy my pa vriendelik. Hy soek asseblief net ‘n dak oor sy kop vir die nag. En ‘n geleentheid Kakamas toe asseblief. Hy kom stap al van Brandvlei af, en hy’s eintlik oppad Upington toe vir sy ID. Van Makkiesplaas af is Upington nog so 220km se stap! Hy’t ‘n baas langs die pad gekry met ‘n donkerbril, en diè het gesê hy sal waarskynlik van Makkiesplaas af ‘n geleentheid kry Kakamas toe. My pa het ‘n ongelooflike mooi hart.   Hy gee vir Basie vleiskos vir die aand en sê hy moet vir Albertus gaan vra vir ‘n lêplek in sy huis. Volgende môre meld Basie aan. Hy kan darem uithelp op die werf tot sy geleentheid dorptoe loop. My pa laat hom maar akkers spit en tuin werk so vir die dag. Later die dag help hy my pa by die stoor. Sommer so uit die bloute wil hy weet of hy dan nie die

Poer-poer op Pringlebaai

Sondag gaan stap ek vir oulaas ‘n draai met Daniël in Pringlebaai. Ons stap ons vas teen ‘n effekleur huis, naaste aan die strand. In netjiese letters staan die huis se naam voor naby die deur: Poer-poer. Ek hou dadellik sommer baie van die naam. Want dis van te min poer-poer dat ons deesdae uitbrand. Ons het die naweek gaan poer-poer saam met vriende by Pringlebaai. Vier paartjies met sewe kinders tussen ons. Jané was die oudste (5) en Daniël (8 maande) die jongste. Ons arriveer Vrydagaand heel laaste. Almal help ons afpak en intrek en voor jy kan sê “Pringlebaai” sit ons met ‘n glasie wyn by ‘n vuurtjie. Yolande se ouers se huis is massief. Dis van daardie huise waarby jy verbystap as jy met vakansie is, en dan effe afgunstig wonder aan wie dit behoort. Omdat ons so laat arriveer, is die atmosfeer al pure vakansieluim. Die musiek speel luid en die mans bespreek hoe hulle iemand sal stuit wat hulle in hul huis kom aanval. Ryno het ‘n haarfyn uitgewerkte plan. Hy herhaal dit