Posts

Showing posts from November, 2019

Die skouspelagtige eindstryd

Ons kan byna nie glo dit het toe regtig weer vir ons gebeur nie. Gister koop ons die Rapport en knip elke liewe rugby artikel uit vir ons Adriaan-kind se bababoek. Hierdie gebeurtenis was immers in die jaar van sy geboorte. Soos manlief tereg s ê – ons mag Saterdag nooit vergeet nie. Ons sal dalk nooit in ons lewens weer s ó ‘n eindstryd sien nie. Ons goeie vriend Jaco kyk die wedstryd sedert Saterdag steeds daagliks ‘n paar keer. Hy het dit ook al in verskeie tale gekyk. Dit klink blykbaar elke keer anders en mens is elke keer van voor af uit jou nate bly oor die soete oorwinning. Oor Saterdag sal ons nog lank praat. Dit was niks minder as skouspelagtig nie. Deesdae is albei my sussies in Pofadder omgewing. Laatlam is die Septembervakansie met die liefde van haar lewe getroud en woon nou net sowat 30km vanaf middelsus. Albei vertel gisteraand van hulle W ê reldbeker ervaring. Jongste-hulle het by haar skoonouers gaan rugby kyk. Sy s ê dit het soos die laaste avondmaal gel