Posts

Showing posts from October, 2011

Melkboksies en papbakkies

Anneen het al dikwels gekla oor haar man se vreemde gewoontes. Omdat Anneen ‘n oudste kind is, en oudstes maar die gewoonte het soms ‘n   bietjie aan te dik, het ek haar stories met ‘n knippie sout geneem.   Nou weet ek sy het niks aangedik nie.   Sowat twee weke gelede gaan kuier ek by hulle in hul pragwoonstel in “The Heart”. Dis in die hartjie van Walton-on-thames en dis regtig prentjiemooi. Uit die aard van die saak werk my niggie bedags en moes ons saans ons kuiers kuier. Manlief Jurgens is ‘n dokter, wat toe daardie spesifieke week nagskof werk. Ek en Jurgens kry toe bedags kans om bietjie te kuier. En so kry ek ook toe die eerste keer kans om bietjie Jurgens se “ander kant” te leer ken.   Iewers deur die week gaan stap ek ‘n verken-stappie deur Walton-on-Thames en met my terugkomslag by die huis kry ek Jurgens op die bank, rekenaar op die skoot en boks sap langs hom. Ek wou nog wonder hoe hy die sap gedrink kry uit die groot sapboks sonder ‘n glas. Dit neem nie lank voor hy m

Bakpoeding en Klipwerf

Ons gaan kuier Sondag na kerk by Marcel en Eska. Ek’s in beheer van die poeding vir die Sondagmaal.   Ek pluk dus eergisteraand my ma se resepteboek en skoonma se wenresepte uit vir idees. Al die poeding-praatjies veroorsaak dat Lambrecht later langs my kom sit en saamblaai. Ek sien hoe hy lank en verlangend kyk na die aanloklike malvapoeding in Wenresepte.  " Wat dink jy moet ek Sondag maak?,” vra ek nuuskierig.   “Ek is al s รณ lus vir ‘n Jan Ellis poeding. En vir ‘n malvapoeding. Wanneer maak jy weer kaaskoek? Kan jy melkkos maak? My ouma het altyd so lekker melkkos gemaak,” kom daar sommer ‘n klomp inligting in een asem uit.   Ek moet my liewe man, wat klaarblyklik nou al vir ‘n hele rukkie lank heimlik met ‘n groot nagereg-lus loop, teleurstel. My kaaskoek resep is iewers in ‘n boks weggepak en geberg in Georgie-hulle se “garage” in Hamlet (Ek sweer by daardie resep en is huiwerig om enigiets anders op die proef te stel!). Wat die melkkos betref - ek het al een maal vante

Braairibbetjie en soet patats

Sommer met die instapslag Vrydagmiddag kan ek ruik: Hier word groot gekook. Groot. Ek moet verklap dat ek ‘n lui huisvrou is en dat my man genadiglik nooit daaroor kla nie. Ek kry soms ‘n gier en dan sal ek nou resepteboeke blaai vir lekker reseppies…en dan ‘n storm loskook. Soos ek reeds genoem het, is dit normaalweg niks meer as ‘n gier wat vinnig oorwaai nie. ‘n Standaardaandete neem my hoogstens ‘n halfuur en daar’s nooit meer as twee kastrolle of panne vuil nie. Lekker kookkos eet ons meestal by ma Elize. By haar hoef ek nie eens te probeer kersvashou nie. Haar soetpatats proe die ene heerlike ryk “caramel” en haar selfgemaakte hoenderpastei moes verseker al menigte VLV-pastei kompetisies wen! Terug by Vrydag. Die reuk van kookkos was dus vir my en my man beide goeie nuus. Ek en Lizanne het egter ook groot naaldwerkplanne gehad. Daar was tannie Marinda se wasgoedsakkie was moes klaar, en Marietjie se vatlappe. Bernie en Lambrecht het ons gou laat verstaan dat hulle “ander draa

Vet, vetter, vetste

Image
Sy’s een van die vrolikste mense wat ek ken. Louise (Mede-eienaar van die koffieplekkie waar ek nou werk) laat haar nie gou deur die lewe druk nie. Sy’s van daardie spreekwoordelike dinamiet in klein pakkies. (Die Liewe Vader het haar ekstra klein verpak. ) Louise het net een klein   “issuetjie” in die lewe. Daardie ou “issuetjie” waarmee die meeste vroue worstel: Gewig. Sy “toets” gedurig ‘n nuwe gym uit – wat slegs behels dat sy daarheen gaan om te kyk hoe die gym se binnekant lyk. Daarna soek sy ‘n persoonlike instrukteur op om haar ideale gewig te bereken en daarna sluit sy by die gym aan. Net om nooit weer daarheen terug te gaan nie. Die blote gedagte dat sy iewers aan ‘n gym behoort, is vir haar heeltemal genoeg. Louise hou van beter dinge in die lewe as oefen – volgens haar…Sy   hou van geen aktiwiteite wat jou dalk kan laat sweet nie.   Louise is bereid om te stap – mits dit tussen winkels is opsoek na ‘n winskopie. Of van die motor na die haarsalon of skoonheidsalon vir