Vet, vetter, vetste

Sy’s een van die vrolikste mense wat ek ken. Louise (Mede-eienaar van die koffieplekkie waar ek nou werk) laat haar nie gou deur die lewe druk nie. Sy’s van daardie spreekwoordelike dinamiet in klein pakkies. (Die Liewe Vader het haar ekstra klein verpak. )

Louise het net een klein  “issuetjie” in die lewe. Daardie ou “issuetjie” waarmee die meeste vroue worstel: Gewig. Sy “toets” gedurig ‘n nuwe gym uit – wat slegs behels dat sy daarheen gaan om te kyk hoe die gym se binnekant lyk. Daarna soek sy ‘n persoonlike instrukteur op om haar ideale gewig te bereken en daarna sluit sy by die gym aan.


Net om nooit weer daarheen terug te gaan nie. Die blote gedagte dat sy iewers aan ‘n gym behoort, is vir haar heeltemal genoeg.


Louise hou van beter dinge in die lewe as oefen – volgens haar…Sy  hou van geen aktiwiteite wat jou dalk kan laat sweet nie.  Louise is bereid om te stap – mits dit tussen winkels is opsoek na ‘n winskopie. Of van die motor na die haarsalon of skoonheidsalon vir ‘n manikuur.


En dan worstel sy met haar soet tand. Haar vreeslike soet tand. Enigiets wat met sjokolade geassosieer kan word is goed. As jy gedurig in ‘n koffieplekkie werk, kan dit ‘n krisis raak. Soos Louise nie ‘n goeie “chocolate brownie” kan weerstaan nie, sal my mede-kelnerin Abigail, nooit ‘n stukkie “Sqeezy Lemon” kan bedank nie. Sue, die sjef,  sal weer haar siel verkoop vir ‘n “Vanilla Latte” met ekstra room daarop. Genadiglik het die Vader my ‘n soet tand gespaar. Ek verkies eerder ‘n happie kaas of ‘n ontbytworsie met tamatiesous.


So kom einste Louise Maandag by haar koffieplekkie in, glad nie haar borrelende self nie. Ek hoef nie vreeslik aan haar te toring om by die oorsprong van die probleem te kom nie.  Sy het Saterdag saam met haar skoonsuster gaan inkopies doen, en toe daarna ietsie gaan eet.


Die skoonsuster is klaarblyklik als wat Louise nie is nie. Sy’s lank en skraal en super sexy. Die spesifieke Saterdag het sy blykbaar ‘n baie eenvoudige wit rokkie gedra wat tot by die knie kom. Niks was uitlokkend nie. Niks het uitgehang nie. En tog het sy koppe laat draai sover as wat hulle geloop het. Na middagete het een van die restaurant se eienaars Louise selfs teruggeroep om sy besigheidskaartjies aan haar skoonsuster te stuur. Dié episode het sommer ‘n bitter smaak in Louise se mond gelaat. En dis verseker nie die smaak van bitter sjokolade nie.


Terwyl sy aan haar cappacino teug, kom Louise tot ‘n slotsom: Elke vrou behoort ‘n vriendin te hê wat vetter as sy is. Sy  moes met ‘n skok besef dat sy nie so vriendin het nie. Sy vermoed sterk dat sy daai vet vriendin vir háár vriendinne is.


Sy gaan breek ‘n stukkie van ‘n “brownie” in die kombuis af en al kouende deel sy mee dat hul Juliemaand, vir Engeland se somervakansie, saam met haar skoonsuster-hulle see toe gaan. Sy besluit sommer daar en dan dat sy van ná die kersete 2011 af sal oefen, en mooi eet.


Sy gaan verseker nie volgende jaar by die see, haar skoonsuster se vetste skoonsuster wees nie…













































































“Hoe was jou naweek?” wil ek Maandagmore vol verwagting weet. Louise (Mede-eienares van die koffieplekkie waar ek nou werk)se naweke hou altyd iets avontuurliks in. As dit nie wyndrink en “take away Chinese” saam met vriendinne is nie, is dit ‘n ontbytafspraak saam met haar suster – wat opeindig in ‘n glasie wyn in ‘n nuwe restaurant. Dikwels ry sy sommer net ‘n draaitjie vir ‘n koffietjie op ‘n plek waar sy nog nie voorheen was nie.



Daar’s altyd iets.



“Ag, dit was oraait,” kom haar huiwerige antwoord. Ek kan sommer aan daardie “oraait” hoor dat dit als behalwe oraait was. Ek hoef ook nie eens verder uit te vra nie. Louise is van daardie mense wat sommer maklik en indiepte kan vertel.

Comments

Popular posts from this blog

Foto's vertel stories

Ons Veldhuisie stap

Skuinskoekstorie en resep