Alles is geboks
My lewe staan geboks - vir presies die vierde keer in twee jaar.
Gisteraand pak ek die laaste plastiekbakkies en my gunsteling twee rooi Nescafé koffiebekers in 'n ekstra groot Omo boks. Teen 18:00 vanmiddag was ek knap duskant dood. Toe gaan stap ek om die blok en dink aan kersfees, aan koekiesbak vir familie wat kom kuier en aan vleisbraai in ons skerm onder die helder Boesmanlandsterretjies. Net voor ek by my huis was het ek my oë opgeslaan na Ceres se mooi berge en die Here gesmeek vir nog bietjie ekstra krag.
Ek kon Hom ook nie sê van waar in my lyf Hy dit moes stuur nie, want my reserwes is boomskraap. Die Here is getrou...
Terug by my huisie het ek RSG 'n aks harder gesit voor ek die laaste bietjie PEPSI Max in my rooi koffiebeker gegooi het. Toe takel ek die laaste half miljoen rondstaan goed met nuwe energie.
Teen 21:00 was byna alles netjies in bokse. Ek kon nie glo dat 'n mens so trots kon wees op 'n klomp bokse nie. Met elke trek raak ek beter. Elke boks is netjies in swart gemerk: "Badkamer", of "kamer" ens. Geordende chaos op sy beste!
Uiteindelik kon ek gaan sit. So in my kamer sonder gordyne voel mens effe blootgestel aan die donker wêreld buite. Ek gaan sit dus toe maar op die grond met my rug teen die bed. Sodoende kan mense van buite net my kop sien! Toe maak ek vir my, my laaste bekertjie koffie in my siersteen woonstelletjie. Ek drup die heel laaste paar druppels volroommelk in my koffie en ek eet die laaste drie skuinskoek uit my yskas. So tussen happe skuinskoek deur slaan ek my bybel (toevallig) by Ps.121 oop - "Ek kyk op na die berge, waarvandaan sal my hulp kom... "
Dan kyk ek na die bokse om my en besef opnuut hoe waar hierdie woorde is.
Laatnag gaan vat ek 'n uitbundige bad met my laaste roosblaar badsout en ek brand die laaste kerse uit my kombuiskas dat my hele huisie na kerse ruik. En in my hart neem ek afskeid van elke hoekie in my huisie - van die aaklige uitspattig pienk badkamer, tot my groot houtlessenaar en gemaklike "sleeper coach" met die laslappie kussings.
Hierdie was immers my laaste alleenwees lêplekkie ooit. My volgende tuiste sal saam met my Lambrecht man wees.
In my bed skiet die gedagte so half per ongeluk en vlietend deur my kop: Dalk is trek nie net sleg nie. Jy gooi soveel uit. Jy maak soveel skoon. Jy sorteer so alles in jou lewe in bokse met name daarop.
Dalk is daar selfs 'n bietjie seën in oppak en boks en aanbeweeg.

Comments
Post a Comment