Tien jaar
Vandag is dit tien jaar. Tien jaar het vinnig é n stadig verbygegaan. Ek wil deur die dag glip sonder om te onthou. En ek wil deur die dag gaan en almal stop en vertel. Net vir ingeval hulle vergeet het, of dalk nooit geweet het nie. My ma is vandag tien jaar al dood. Ek ontdek die boekie waarin mense op die dag van haar begrafnis boodskappe geskryf het. Die trane loop sommer net. Sonder dat ek huil. Ons dogtertjiekind wil weet of mamma huil of traan. Dis asof sy die verskil ken. Mamma huil nie, mamma traan sommer net op hierdie dag tien jaar later. My ma se “aanneemkoshuiskind” uit Namibi ë destyds het sy boodskap begin met (Ek weet hy sal my vergewe dat ek aanhaal) – “Tannie Annamarie het altyd tonne liefde gehad. Ek wil amper net dit skryf want dit was genoeg vir my.” Soms is ek so bang die herinneringe na my ma glip jaar-vir-jaar weg totdat daar niks oorbly nie. Maar hierdie enkele sin som so mooi op wie my ma was. Ek onthou van ons laaste stappies op die gro