Wat net ma's verstaan...
Hierdie storie gaan nie oor my nie. Dit is ook nie diep of filosofies – soos dat een vrot appel die res ook sal vrot maak nie. Dit gaan oor ma’s met baie kinders (Of soms kan selfs een kind mos soos baie voel!). Lank gelede was ek selfsugtig,perfeksionisties, ambisieus en selfbehep (Soos baie van ons is voordat ons trou en kinders kry). Ek kon ‘n hele Saterdagoggend in ‘n koffiewinkel sit met ‘n koerant en koffie. Ek kon my verkyk aan die mense. Ek het soms in my mou gelag vir mammas met hul buite-beheer-krose. My kindertjies sou immers nooit só wees nie. Ek sou die wereld verander met my mooi stories. My voorkoms was belangrik en ek was obsessief oor wat ek eet en nie eet nie. Alles is nou anders. Ek eet enigiets en ALS – van Adriaan se oorskiet van die vloer af, tot Macdonalds roomys as ons die kinders wil bederf. Ek voel meestal ek het die suiker nodiger as hulle. Ek vermy op hierdie stadium koffiewinkels. Dis nie ‘n goeie idee met ‘n baie woelige twee-jarige nie. En die plooi