Langs die sportveld
Vir iemand wat dit nooit groot gemaak het op die sportfront nie, het ek altyd gedink sport is nie so belangrik nie. Ek het geglo ek gaan nooit die ouer langs die baan of veld wees wat haar naam (effe) gat maak oor haar oordrewe entoesiasme nie. Mens moet dit mos immers net geniet. Dis waaroor dit gaan. Ek was my lewe lank in Kakamas se laer-en hoĆ«rskool se raap-en-skraap netbalspanne. As jy jouself in die lae spanne bevind, maak wen regtig nie saak nie. Nou is ek hier. Worsbroodjie en cappuccino in die hand langs die netbalbaan. En die rugbyveld. Op die gras by die landloop. In die gehoor by die ballet. En dis lekkerder as wat ek ooit kon raai. Ek moet egter bieg. Diep binne my het dit toe al die jare geskuil. Ek is daai ouer. Manlief spot ons almal het maar ‘n bietjie nartjieskil-gooier “deep down.” Ons mis nie ‘n wedstryd nie. Ons is daar, langs die veld. Ons raak opgewonde, ons skree kommentaar en raad. Ons bemoedig. Ons vererg ons vir die skeidsregters. Ons eet sportdag wor