Eet, bid, liefwees
Eet, bid en liefwees Vandag het niks gebeur nie. En tog ook so oneindig baie wat nie met die oog gesien kan word nie. Vanoggend is ek vroegoggend by Corieta weg nadat ek en sy gisteraand weer ons spesiale fliek-en-visaande gehad het. Oppad terug na my huisie het Celine Dion se Goodbye’s baie skielik en onverwags begin speel, liedjie nommer sewe op die spesifieke CD. Ek ken die nommer, want ander dae “skip” ek dit. Dit begin so: Mama, you gave life to me, Turned your baby into a lady, Mama, all you had to offer, Was the promise of a life time of love... My hart was skielik alweer so baie seer. By die huis gekom het ek traag begin aantrek vir kerk. Daar, op die ingewing van die oomblik besluit ek toe om iets te doen wat ek nog nooit vantevore so blatant oorweeg het nie: Ek besluit dat ek vandag kerk gaan bank. Ek gaan Worcester toe ry vir Mug and Bean-koffie en ’n huil-fliek. Ek besef dat nie die koffie of die fliek of die brandstof ingereken is in hierdie maand sê baie mooi be...