Eenvoudiger...
Ons kuier gister by ons Coetzee-familie in Somersetwes. Laataand praat ons oor hoe ons grootgemaak is. Ek bieg verskonend dat ons nie super gekultiveerd opgebring is nie. Ons ken niks van skilderye of klassieke musiek nie. Ons mure was versier deur foto’s en foto’s en nogmaals foto’s. Die enigste skildery was die een wat oom Hendrik vir my Pa en Ma geskilder het om dankie te sê dat hulle, hul so ontferm oor sy twee kinders in die koshuis. Die skildery was vol simboliek en baie spesiaal. Dit hang steeds in ons grootwordhuis. Ons het grootgeraak met Die Briels en Klipwerf. Ek het sushi en salmon maar eers anderdag leer eet. Van wyn wil ek nie eens praat. Daar is vandag steeds min dinge wat kom by ‘n ou hanepootjie. Maar soos my swaer gisteraand opmerk. Mens moenie ‘n eenvoudige, ongekompliseerde grootword vergelyk met gekultiveerdheid nie. Want ongekompliseerd grootword is baie kosbaar. Vanoggend vereenvoudig ek weer my lewe. Alweer. Ons spierwit slaapkamer moet waai. Van...