Die Storie van Basie van Brandvlei
Dinsdag agtermiddag kom stap ou Basie op Makkiesplaas aan. Hy lyk gedaan gestap. Sy enigste besitting is ‘n groen Checkerssak in die hand. Die somtotaal van sy aardse goed. “Middag Baas, ek’s Basie,” groet hy my pa vriendelik. Hy soek asseblief net ‘n dak oor sy kop vir die nag. En ‘n geleentheid Kakamas toe asseblief. Hy kom stap al van Brandvlei af, en hy’s eintlik oppad Upington toe vir sy ID. Van Makkiesplaas af is Upington nog so 220km se stap! Hy’t ‘n baas langs die pad gekry met ‘n donkerbril, en diè het gesê hy sal waarskynlik van Makkiesplaas af ‘n geleentheid kry Kakamas toe. My pa het ‘n ongelooflike mooi hart. Hy gee vir Basie vleiskos vir die aand en sê hy moet vir Albertus gaan vra vir ‘n lêplek in sy huis. Volgende môre meld Basie aan. Hy kan darem uithelp op die werf tot sy geleentheid dorptoe loop. My pa laat hom maar akkers spit en tuin werk so vir die dag. Later die dag help hy my pa by die stoor. Sommer so uit die bloute wil hy weet of hy dan nie ...