Ek onthou World Cup 1995
Ek hoop nou nie ek jok vanaand nie. Ek vertel hom maar soos ek hom onthou. Ek was immers toe std.2. Dis 20 jaar gelede. Môre se wedstryd herinner so aan dáái wedstryd. 24 Junie 1995, Ellispark, Johannesburg. Lambrecht onthou hulle het daardie wedstryd by Oom Daantjie en tannie Elsa in Augrabies gaan kyk. Daar was baie mense daardie dag. En hulle was báie bly na die tyd. Ons het daardie wedstryd by oom Willemse en tannie Sussie gaan kyk. Hulle het van die beste televisie opvangs in die omgewing gehad. Daar was ook daardie aand baie mense. Ek onthou die spanning in die atmosfeer. Ek onthou Nelson Mandela in sy springboktrui. Ek onthou die HK. Die hoendervleis met Joel Stransky se skepskop. Die vreugde daarna. Ek onthou die pastei wat tannie Sussie gemaak het waarop “Bokke” in pasteideeg geskryf was. Ons land kon bars van nasietrots. The Springboks triumphing over the All Blacks in the 1995 Rugby World Cup final was one of the Country’s finest moments. (eNCA) ...