Die beroepsweduwee
Ek dink die belangrikste om te verstaan van ‘n beroepsweduwee, is dat haar man mal is oor wat hy doen. Dis nie net sy brood en botter nie, hy kan dit ook geniet vir voorgereg é n nagereg. Dis die een ding wat, naas sy gesin, ‘n hup in sy stap sit. My man se “ding” is druiwe. As hy nie so lief was vir druiwe en alles wat daarmee saamgaan nie, is ek seker hy kon al lankal van beroep verander. ‘n Beroep wat meer geroepe is tot om-die-pot wees! Nietemin, daardie nuwejaarsaand in Kakamas toe ek hom die eerste keer gewaar en by myself dink: Dis sekerlik die mooiste man wat ek nog ooit gesien het, was hy juis in Kakamas vir DRUIWE. Ek’t dus geweet my man kom in ‘n pakket – manlief en sy druiwe-liefde. Twee kindertjies later, met ‘n derde oppad, en ‘n Jack Russel en ‘n piepklein swembad wat altyd groen raak as manlief nie tuis is nie, voel ek ewe skielik so jammer vir myself. Die beroepsweduwee. Die afgelope week is dit weer so. My naweek skop mooi af met skoon tonic met ys e...