Die 12de Jaar
Twaalf jaar het verbygevlieg. Dit voel soos ‘n leeftyd gelede. Steeds onwerklik. Op hierdie dag twaalf jaar gelede was die sonsondergang besonders mooi. Dit was meer oranje as rooi. Ons het gekyk hoe dit stadig ondergaan, en dan plotseling net weg is. Ek het daardie aand gedink: Hierdie sonsondergang het my ma misgeloop. En sy sal geen sonsondergang hierna ooit weer sien nie. Ons was oppad Kakamas toe van Bloemfontein af. Ek kan nou nog Ds. Peet se stem oor die telefoon hoor. Al het twaalf jaar al verloop. Elke liewe jaar probeer ons sussies hierdie dag net verby kry. ‘n Week gelede besluit ek, ek wil op hierdie dag iets betekenisvol doen. Ek vra Nadia of sy nie kans sien om my te begelei op my verste drafroete ooit nie. Sy is ‘n gesoute hand. Nadia laat haar ook nie twee maal nooi nie. Iewers deur die week besef ek dat die weer nie gaan saamwerk nie. Gisteraand re ë n dit katte en honde. Ek boodskap Nadia om te hoor van ons drafplanne. Sy stuur terug – koffie en ‘n piesang v