Koffie op Piketberg
So gebeur dit dat ek verlede Saterdag vir die eerste keer op Piketberg kom. Ek verloor sommer dadelik my hart op die oulike Bolandse dorpie. Ons stop vinnig by die Spar op die dorp vir melk en “blueberry” muffins voordat ons deurskiet na Devilliers-hulle se plaas. Ons tyd op die plaas Saterdagoggend is taamlik beperk. Ons moet net na middagete weer dorptoe vir die rugbyfinaal tussen Nuwerus en Moorreesburg. Devilliers speel vir Moorreesburg. Wilma vra mooi dat Devilliers ons Bo-die-Berg Piketberg moet vat om my die mooi daar te gaan wys. Hy beduie ook dat sy sommer sy beursie moet saambring. Die uitsig van bo af is sprokiemooi. Jy sien so wyd as die Heer se genade. Die kyk is so baie dat dit nie kan opraak nie. Devilliers ry dieper die bergpaadjie op totdat ons ‘n bordjie Bo-die-Berg Piketberg kwekery en teetuin kry. “Ons kan ‘n teetjie gaan drink as julle wil,” kondig Devilliers dan aan. Ek en Wilma laat ons natuurlik nie twee keer nooi nie. Met die stofpaadjie op na die te...