Die stem in jou kop
Ek haat dit om groot besluite te neem. Ek praat nou van besluite wat ‘n inpak op nou en die volgende jaar of wat kan maak. Ek redeneer die saak na alle kante. Ek vra raad. Ek stap ver ente en bespreek die saak ernstig met die Here. Ek maak ‘n lys van voor-en nadele. En dan weet ek steeds nie. Ek bid nou al vir ‘n geruime tyd vir ‘n werk in Suid-Afrika. Ek bid vir die Here dat ek asseblieftog al op 1 Junie wil begin en ek vertel hom selfs die salaris waarop ek hoop. Dit moet nie sommer net enige werk wees nie. Dit moet tog net asseblief betekenisvol wees. Gister se ë n die Here my nie net met een nie, maar met drie wonderlike geleenthede op my tafel. Ek moet egter vinnig ‘n besluit neem. Ek stuur ‘n dringende epos na Lyndi, Wilma en my skoonmense. Ek bel my man vir ‘n dringende gesprek en ek stuur ‘n lang sms na my Pofaddersussie. Almal gee dadelik raad. Goeie raad. Ek kan nie help om die Here te prys vir die wonderlike ondersteuningsnetwerk wat Hy om my gesit het