Mimosa Mall se Wimykoffie
Wimpykoffie was iets wat ons altyd as student kon bekostig. Ons moes mooi werk met die swaarverdiende sakgeld wat my pa elke maand in ons Standardbank studenterekenings inbetaal het. Ek en Marietjie weet hoe werk droogte op ‘n Boesmanland plaas as die niks kniehoog groei. Daarom het ons nog altyd die grootste respek gehad vir my pa se geld. Elke Vrydag na klas het ons vir ‘n namiddaguitstappie Mimosa Mall toe gestap. Toe was dit oraait om nie ‘n kar te h ê nie. Net baie rykmense se kinders het karre gehad. Die res van ons moes maar stap. Ons ouers het darem gesorg dat ons ‘n “pepperspray” het vir alle kilometers wat te voet afgel ê moes word! Ons sou eers by Pick-n-Pay aandoen vir die volgende week se inkopies voordat dit tyd raak vir Wimpy. My en Marietjie se lysies was altyd baie eenvoudig. My ma het immers na elke vakansie ‘n hele voorraad bakkies met gaar kos ingepak – dis nou van bobotie tot gevriesde braaivleis en boerbrood. Dis nou buiten die ingelegde ko...