Teruggaan op jou spoor
Ons was vier jaar gelede ook hier. Toe was ons lewensmoeg en broos. My pa wou nie eens die see sien of hoor nie. Hy kon homself genadiglik kry om soggens op te staan en iets te eet. Dan het hy vir die res van die dag by oom Jan op hul heerlike koffieplek, Die Droograk, se stoep gekuier. Oom Jan moes baie luister. Af-en-toe het my pa hom praatkans gegee. Woensdag het ek vir oom Jan se vrou, tannie Ida ‘n boodskap gestuur. Ek en my man moes seetoe. Ons moes wegkom van al Paarl se mooi en goed. Ons siele het see nodig gehad. Ons moes seelug in ons longe kry, weskus wind in ons hare en met ons tone in die seesand boor. Tannie Ida is altyd vinnig. Binne minute was sy terug met Liz se nommer. 14 On Beach is so na as wat jy in Yzerfontein aan die see kan kan. Saterdagm ô re vroeg-vroeg l ê ek al wakker. Ek kan hoor die see klink ontstuimig. Elke nou en dan waai re ë ndruppels teen die ruit vas. Ek staan later op vir koffie en beskuit en gesels met Jesus. Knap voor sewe vat ek m