Posts

Showing posts from January, 2014

Sub.A'tjie in die koshuis

Vier-en-twintig jaar gelede, min of meer hierdie tyd, is ek vir die heel eerste keer koshuis toe. My pa en Ma het my in my geruite blou en wit skoolrokkie na my Sub.A klas geneem. Juf. Marlene van Schalkwyk was die juffrou. Die skool het ook op ‘n Woensdag begin. My skooltas was van daardie boks nommers, navy blou met ‘n uitspattige pienk streep teen die kant. My kosblik was helder geel en my naam het my ma op die deksel met cutex geverf. Pienk cutex. Suné Nel. Ek en Marné Stadler was die enigste Sub.A’tjies. Rainette, haar veel ouer suster, was ons engel. Sy het soggens kom kyk of ons beddens opgemaak is en ons hare gekam. Myne was maklik. My ma het geglo ‘n koshuiskind moet kort hare hê. Marné sin was ‘n pragtige poniestert. Sy het byna elke oggend gehuil as Rainette eers met haar hare begin. My ma het my klere op netjiese hopies in my koshuiskas gepak. ‘n Stelletjie vir elke dag. Ek moes net   elke dag ‘n stelletjie afhaal van die hopie en aantrek. My naam was agter in m

Oupa-en Ouma kuier

My pa-hulle woon in die Boesmanland, iewers tussen Pofadder en Kakamas. Dis juis hier waar Amé nou haar eerste Kersfees sou deurbring. Ons het haar oudste klere, grootste hoed en hoogste sonfaktor sonskerm ingepak vir hierdie plaaskuier by Oupa en Ouma.   Dis tog vreemd om te sien hoe mens se pa nou uiteindelik nie meer net “pa” is nie, maar ook “oupa”. Oukersmiddag sit Oupa se eerste kleinkind op sy been buite op die stoep. Die twee is in ‘n ernstige gesprek gewikkel. Dan sien ek hoe oupa ‘n teelepel vol melktert in Amé se gretige mondjie sit. Sy is nog net nege maande oud, maar daar is niks fout met haar eetlus nie.   As ‘n teelepel nader kom eet sy graag. So hoor ek later dat Oupa sy kleinkind amper die helfte van sy tert gevoer het. Tot my onsteltenis! Sy verweer is eenvoudig dat sy darem nou só lus gelyk het vir ‘n ou stukkie melktert. Saans is ‘n ander storie. By die huis probeer ons werklik ons bes om ‘n roetine te hê wat ons soos die Bybel volg. Iewers saans wil ‘n

Lize se kleinkoekie liefde

Ons ses het so saam grootgeword. Die drie Van Zyltjies van Upington en die drie Nelletjies van Makkiesplaas. Junie-vakansies het die Van Zyls kom kuier. Dan het ons gaan piekniek hou in die gronddammetjie, ons het saans konsert gehou vir ons ouers, ons het huis-huis gespeel in die bosse. Die kuier met die Van Zyls het nooit opgeraak nie. Nou is ons plotseling grootmense met kinders. Cellie (eintlik Francel) is getroud met ‘n boerseun van Groblershoop se wêreld en hul klein seuntjie, Ben, is alreeds boerseun. Ninnie (Anneen) en haar dokterman, Jurgens, woon al baie Somers en Winters in Engeland. Lize, die “babasussie” is als behalwe meer die baba. Sy en Marli, my “babasussie” het mooi grootgeword. Hulle is nou beeldskone jong vroue met sterre in hul oë.   Lize was kleintyd die mooiste blou oog dogtertjie, met sulke spierwit hare wat altyd wild in alle rigtings gestaan het. Haar geaardheid was soos haar hare…’n wil van hul eie. Vandag het min dinge verander. Lize het steeds ‘n