Moedersdag van Pofadder tot Wellington
Ek het règtig ‘n wonderlike man, besef ek hierdie Moedersdag weer. Ons beplan al van Maandag af aan Moedersdag. Eers wil ek iewers gaan eet vir Moedersdag. Teen Woensdag is ek nie meer lus vir uiteet nie. Ek wil eerder iewers gaan piekniek hou. Iewers nie te ver van die huis af nie. Teen Vrydagmiddag 5-uur wil ek eerder sommer net in ons agtertuin piekniek hou. Dis die heel minste moeite. Saterdag bied manlief aan dat ek ‘n bietjie met sy bakkie rondry. Ek kry twee vriendinne vir ‘n laat ontbyt en teen die tyd dat ek tuiskom, is manlief al haastig dorptoe. Hy kom stert tussen die bene terug huistoe. Geen winkels is meer oop nie. Net Wellington se videowinkel. Vanoggend is hy erg verleë oor sy liefdesbriefie wat net op lyntjiespapier geskryf is. Dis die mooiste briefie en ek is sommer opnuut verlief op my goeie man. Hy gee Amé ontbyt en ruil ‘n aaklige doek om terwyl ek by die kerk is. Hy maak Daniël aan die slaap en hy vee ons leefvertrek uit en mop dit daarna. Ek stap dus na...