Posts

Showing posts from August, 2015

Kakamas se eerste KFC

Netnou SMS my Marietjie-sussie opgewonde – Sondag maak KFC in Kakamas oop. Die dorp is omtrent opgewonde! Voor ek myself kan keer is ek terug in Kakamas – tóé. Die dae toe KVK die enigste winkel was waar my pa en ma kon gaan groceries koop. Toe kon ek met R4 ‘n pakkie Simba chips en ‘n Ceres sappie koop. Daar was nog nie ‘n spoggerige groot apteek met als van medisyne tot boeke en geskenke soos vandag nie. Daar waar die apteek nou staan was ‘n kafee. Dit het aan die Tzorvasse behoort. Hulle was ‘n klomp mooi broers – donkerkoppe met sulke diep sjokoladebruin oë. Marietjie was in die laerskool gekys met een van daai boeties. Ek onthou hoe hy eendag vir haar ‘n magnum roomys in sy skooltas skooltoe gebring het. Ons was almal erg beïndruk… Oom Callie en tannie Christa het ‘n ongelooflike groentewinkel gehad. Ek dink die naam was Wolwehoek. En as ek reg onthou het daar altyd sulke lekker boeremusiek gespeel. Die atmosfeer was héérlik en die diens en groente van uitstaande gehalte

Die groen vullislorrie oom...

Smiddae is ons groot kuiertyd. Dan maak ek seker alle wasgoed en skottelgoed en huisgoed is afgehandel vir die dag. Dis spesiale piekniek-op-die grastyd, of sandspeeltyd of stap-om-die bloktyd en dan vergader ons klippies en blare en blommetjies. Dinsdag maak ons weer so. Ons land egter perongeluk agter die vullislorrie. Amé kan haar geluk nie glo nie. Eers wil sy weet wat dit is. Ek verduidelik dat dit ‘n vullieslorrie is. Dan herhaal sy “lollie” byna ‘n miljoen keer om die nuwe woord op haar tongetjie te voel. Die hoogtepunt kom toe sy die oom voorin die lorrie gewaar. Dis ‘n oupa, moes sy sekerlik tot haar eie slotsom kom. Sy lang baie grys poniestert verklap dit. En die baie diep lyne op sy gesig. “Hallo oom,” gil Amé opgewonde voor ek kan keer. En sy waai wild met haar klein handjie. Toe hy terugwaai en glimlag begin spring sy skoon op-en-af van opgewondenheid. Nou gil sy herhaaldelik, “Hallo oom,” terwyl sy uitbundig bly waai. Die volgende oomblik druk hy liggies op die lo

Swaer Stan van Millerton

As jy my swaer, Stan Miller, al ontmoet het, sal jy dit beslis weet/onthou. Hy’t ons lewens op ‘n Oujaarsdans binnegedans. Hy en my middelsus was oppad na St.8. Daardie aand het hy ‘n paar danse met haar gedans en toe die jaar oorslaan na ‘n nuwe een, het hy haar gepiksoen en toe gevra om te kys. Sewe en ‘n bietjie jare later is hulle getroud. En vandag is die tweede meisiekind oppad… Terwyl ek wasgoed ophang tydens my plaaskuier op Millerton, besluit ek dat Stan Miller se storie opgesom op papier hoort. Stan is immers nie jou standaard ou op straat nie. Beslis nie. Stan verlaat die skool in St.8 om te gaan boer. (Tog het hy die wilskrag gehad om so op sy eie sy matriek steeds deur die pos te voltooi.) Vra jy hom uit oor daardie beginjare op die plaas, alleen en eintlik nog soveel kind, lyk dit asof hy self wonder hoe hy dit gemaak het “sonder die vrou”. (Menende sý vrou) Hy’t baie aande maar ‘n pak chips en liter Coke geniet vir aandete. Daai tyd was daar nog nie sonkrag nie