Posts

Showing posts from April, 2017

Saam om 'n tafel

Die laaste week kuier ons met drie verskillende, baie uiteenlopende, baie lekker gesinne. Dis nie ons styl nie. Ons kuier hoogstens een maal ń week met mense op 'n Saterdagaand, met die klem op hoogstens. Ek kom uit ń grootwordhuis waar kuier op Saterdagaande so half wet was. My ma was besonders lief vir mense, en dit was deel van ons gesin se kultuur; skermkuier op Saterdagaand met die bure. Omdat my ouers op ń plaas gewoon het, kon dit soms eensaam raak. Daarom was Saterdagaande kuier so half ń noodsaaklikheid. Aangesien ons gesinnetjie nou “ dorpsmense ” is en manlief daagliks in 'n  baie groot en besige kantoor werk, is sy aptyt vir Saterdagaand kuier ietwat minder. ń Sameloop van omstandighede maak dat ons die laaste week dus so baie kuier. Saterdagaand kuier ons by Lyndi en Jeandr é en kleine Jean-Luc op hul lieflike plaasstoep buite Riebeeck-Kasteel. Die uitsig slaan jou asem weg en jy kan op ń mooi dag tot by Tafelberg sien. Wanneer jy so op hul stoep k

Vrydagmiddag in Wellington Spur

Dis Vrydagmiddag 15:30 in Wellington se Spur. My kinders verdien ’n Spur roomys, voel ek. Dit was ’n besige week in my lewe en hulle het regtig mooi saamgewerk. Die Spur is nog relatief stil. Agter ons sit ‘n klein gesinnetjie met pappa, mamma en eersteling. Pappa en Mamma is baie beïndruk met elke koer-geluid uit baba se mond. Dis hoe ek weet dis die eersteling. Pappa en Mamma eet van Spur se stewige maaltye, kompleet met chips en uieringe en ’n groot Coke. Blou-oog vriendelike baba knibbel saam aan chippies. Ons kinders is uit hul nate. Ons kom nie dikwels in Spur nie. Dis niks persoonliks nie, maar ek hou nie baie van Spur se koffie nie. Wimpy sin is beter. Maar omdat vandag nie gaan oor my nie, besluit ek om maar die koffie te verduur. Dit neem ’n rukkie om te besluit wat ek sal bestel. Eintlik is ek lus vir ’n Savannah light. Dit sal ’n eerste keer vir my wees om alleen alkohol te verbruik in ’n eetplek. Dit voel nie heeltemal reg nie. Netnou kom betrap iemand bekends my hier

Heilige kuiertyd

Ek draf ongeveer vier oggende van 'n week, op 'n goeie week, saam met 'n groep mense waarvan ek nie baie weet nie. Ek ken hul name. Ek weet met watter soort tekkies hulle hardloop - want elke drawwer het 'n handelsnaam waarvan hy nie durf afwyk nie. Ek weet meestal nie eens watter tipe werk hulle doen nie. Ek weet egter hoeveel kinders elkeen het, wat die kinders se name is en hoe oud die kinders is. Martin het 'n tweeling 2-jariges en ek probeer nogsteeds "uitfigure" hoe 'n man wat so min slaap, 5-uur in die oggend SO vinnig kan hardloop! Gert oefen smiddae in die vakansie met sy twee meisiekinders om hulle fiks te kry. Die jongste het 'n nuwe hokkiestok. Marelise se meisiekind het 'n baie oulike "boyfriend" wat eerste span hokkie speel. Loftus draf soms saam met Annabel. Ciske se laaitie hou van visvang. So kan ek nog aangaan. Eintlik wil ek vertel van Kobus se Stefan. Stefan het aan die begin van die jaar die nes verlaat v

Vierde verjaarsdag Barbie-piekniek

Vandag hou ons ons oudste se verjaarsdagparty. Soos elke ander jaar met elke liewe kinderpartytjie is my senuwees op. Kleinsus Marli kom kuier vir ń “ sussie-aand ” en bak vir Am é die mooiste, verleidelikste Barbie. Sy maak blinkertjie malvalekkers en sout springmielies. Sy bring die lieflikste skuimpies van die winkel waar sy werk. Sy maak die mooiste “ Barbie-goed ” terwyl ons wyn drink en kuier so om die kombuistafel. My middelsus bel die aand voor die partytjie – ek moet die gastelys met haar deurwerk. Ek hoor sy is bekommerd toe sy hoor nie Lyndi of Marli gaan daar wees nie. Iemand soos ek kan vreeslik meegevoer raak in die oomblik. As ek eers terugsit en kuier, verloor ek fokus, verduidelik sy ongevoelig. Sy stel voor ek stel Emsie aan om ongeskik met my te wees as ek fokus verloor. Ek kan eintlik nie ń partytjie aanpak sonder ń “ terugrukker ” nie. Sy is jammer dat sy nou so reguit moet wees, sluit sy af. Ons hou ń eenvoudig partytjie. Die gastelys is skoolmaa