Die GROOT dag!
Verlede naweek kuier ons saam met vriende by Brittaniabaai. Ek waarsku vooraf: My man raak baie opgewonde. En soms lewer hy hard en kwaai kommentaar. Hulle lag net en sê, ons kan ontspan. Dit gaan hulle beslis nie pla nie. Hulle is nie eintlik skreeuers nie, maar hulle oordeel beslis nie as iemand baie opgewonde raak nie. Die wedstryd is ‘n snaakse een. Ons emosies wissel van vies, tot geskok, tot verslae. Ek raak later sommer negatief en sê negatiewe goed oor ons geliefde bokkies… “As mens so speel verdien jy eintlik nie ‘n wen nie,” is een van my laaste negatiewe insette. Toe vererg manlief hom bloedig vir my, want negatiewe mense soos ek sê blykbaar negatiewe goed en dit het ‘n negatiewe impak op die spelers. Manlief is op ‘n stadium ewe vies vir my en die bokke. Halftyd sluk ons ‘n Springbokkie af. Ons chee...