Kleure-atletiek op Kakamas
Gistermiddag, hard middag, bloedig warm, ry ek verby 'n skool se kleure-atletiek. Ek vermoed dis La Rochelle sin. Die dirigente probeer hul bes om die skare op te sweep. Onderwysers skuil onder groot hoede en sambrele. Die skare lyk moeg en warm. Dan onthou ek vir Kakamas... Ek was nooit lief vir atletiek nie. In die laerskool was ek van die groepie sonder afstand of spoed. Van sub.A af al het ek atletiek gehaat. Ek onthou hoe juf. Marlien ons in rytjies op die gras laat staan het. As sy haar hande klap moes jy hardloop. My P.T-broek het altyd ongemaklik tussen my bene opgetrek en my bene wou nooit vinnig hardloop nie. Genadiglik het ek in die hoërskool ontdek dat bene wat nie vinnig hardloop nie, wel ver kan hardloop. En dat die 1600m 8-uur op 'n Saterdagoggend as die Kakamasson alreeds hoog sit, meer van 'n kop-ding, as 'n bene-ding is. Ek het ook laterjare vrede gemaak met die feit dat die Here nie almal met die gawe geskape het om oor die hoogspring lat te sei