Die vreugde van twee


Buurman Ryno het destyds gewaarsku – een en een maak nie twee nie. Toe ons hulle vertel dat ons ‘n baba skaaphondjie wil aanskaf wat moet dien as Amé se nuwe maatjie het Ryno gewaarsku, as daardie tweede een arriveer het jy nie eens tyd of lus om ‘n goudvis ekstra te versorg nie. Ons hap te groot af met ‘n hondjie ook nog.

Ryno was reg.

Die hondjie is toe maar saam met my pa-hulle terug Boesmanland toe ongeveer vier dae na Daniël se geboorte. Ek moet vanoggend skryf oor hierdie nuwe seisoen, want dis op hierdie stadium nog baie oorweldigend. Ek moet my gemoed dus skoon skryf. As jy nog nie kinders het nie, moet asseblief nie skrik nie. Ondanks die min slaap en alle ander nuwe aanpassings bly dit God se grootste wonderwerk. Ons hou nie op om dankie te sê vir ons twee perfekte en gesonde kinders nie. As jou kinders groot is sal jy vandag met empatie begryp. As jy in dieselfde seisoen as ek is het jy simpatie met my en ek met jou. Vanoggend sal jy met jou hele hart verstáán.

Dinsdagoggend staan ek op met die wete: Vandag is my heel eerste dag met twee kinders, alleen by die huis. My kop is reg vir die dag. Ons skop die dag goed af. Van 8-uur af gaan dinge afwaarts. Teen middagete huil ek die eerste keer van pure moedeloosheid. Daniël se magie kramp dat sy hele lyfie krul. Amé is woedend oor sy haar aandag moet deel. Genadiglik raak sy nie kwaai met haar boetie nie. O nee, sy wil hom steeds die hele tyd vashou. Al haar woede is teen my gemik.

Vloek is regtig nie in my aard nie. Ek moet bieg – ek het selfs twee maal saggies gevloek. Van moedeloosheid en frustrasie. Amé wil doen wat sy wil doen en Daniël se drinklus het geen einde nie. Dis amper asof sy weet ek’s magteloos as ek met boetie en die geel olifantkussing gestrand sit vir voedings. Toe die horlosie 5-uur wys klim Amé vir die 1000ste keer in die boom en roep my uit die boom uit. Ek besluit dat sy maar haar weg weer af ook moet vind. As jy kan op, kan jy sekerlik af ook.

Terwyl ek nog my opsies met haar oorweeg, kom ‘n jongman met haar aan ons voordeur klop. Hy dink sy het dalk vasgesit in die boom. Hy het haar gaan uithaal en bring haar gou vir my. Ek wens die aarde kon my liewer insluk. Toe my liewe man skuins na 6-uur tuiskom val ek betraand in sy arms. Ek’s so verlig dat hy tuis is om te help!

Woensdag gaan alweer stukke beter. Ek huil of vloek heel dag nie een maal nie. Ek is sommer baie trots op myself. Boetie se maag kramp nie en Amé het geleer om self uit die boom te kom. Alles gaan beter raak, verseker ek myself.

Donderdagnag gaan oornag ek in die hospitaal met hoë koors en lyfseer. Buurvrou Yolande gaan boek my in en bly by my tot ek en Daniël nes geskop het in ons hospitaalkamer. Sy los ons met ‘n watertjie, Lig-tydskryf en toebroodjie voor sy koers vat. Ons Amé-kind bly heeldag by hulle, sodat Lambrecht by sy olike vroutjie kan wees. Ek het altyd geweet ek het ‘n goeie man. Ek besef nou eers hoe goed!

Dis Saterdagoggend. Albei kinders slaap. Ek probeer my kop bietjie orden. Mens raak gou ouer en wyser met twee. Jy moet die lessies gaan neerskryf, anders is dit sinneloos. My huis gaan nie gou weer skoon en netjies en georganiseerd wees nie. En dis okay. Opregte vriendinne verstaan as hulle kom kuier en jy het net koffie om aan te bied vir drink – omdat jou koskas leeg is. Hulle verstaan ook as jy totaal vergeet om aan te bied om iets te drinke te maak. Mense met kinders verstaan dat kinders soms tantrums gooi, al probeer hul ouers hul bes om soet kinders groot te maak. Hierdie is ‘n baie kort seisoen wat gekoester moet raak. Die chaos gaan beslis verbygaan. Mense na genoeg aan jou hart verstaan die plek waar jy nou is. En hulle is dáár vir jou.

Prys die Here vir kinders. Prys die Here dat hulle ons nederig op ons knieë hou!

Comments

  1. I am Mrs Rose from ROSE SPELL CASTER TEMPLE and i have help people all over the world with there problem e.g below(1) If you want your ex lover back to you with-in 24 hours. i can help you with my powerful spell.(2) Are you having trouble getting pregnant? i can help you with my powerful spell.(3) If you want your husband/wife to love you forever i can help you with my powerful spell.(4) If you need financial assistance. i can help you with my powerful spell.(5) if you want your business to flourish i can help you with my powerful spell.(6) if you want to stop your divorce OR you want a divorce with out problem.(7) if you need luck spell to win lotteries. i can help you with my powerful spell.(8) if you have any sickness like ( H I V ), (CANCER) or any other sickness i can help you with my powerful spell.(9) If you want to be promoted in your office i can help you with my powerful spell.(10) if you want people to obey your word and so your wish i can help you with my powerful(11) if you want to be the local government chairman, Governor or president in your country i can help you with my powerful spell.(12) Stop your marriage or relationship from breaking apart i can help you with my powerful spell.(13) Do you need a powerful spell to get a very very good and paying job i can help you.Those are some example of what i can do for you with my powerful spell.All you have to do is for you to contact me via email: v.spellcaster@aol.com Thanks Mrs Rose e-mail: v.spellcaster@aol.com

    ReplyDelete
  2. MIJN NAAM IS MCCARTHY UIT LAS VEGAS

    PLEASE VINDEN tijd om deze zorgvuldig te lezen.

    Zoals we allemaal weten India is nummer een in de wereld in termen van
    MAGIC SO niet negeren
    DEZE ................................................. .

    Wees voorzichtig hier, niemand kan je hulp van Afrika of suggereren zelfs HOE JE
    Kan je je EX OR LOVE BACK, ALLE GETUIGENISSEN VAN DE MEESTE spreukgebruiker UIT
    AFRIKA HIER MOET worden genegeerd, omdat alle van hen zijn SCAM IK BEDOEL REAL SCAM

    Sommige diensten verleend in het INDIA KERK VAN MAGIC

    (1) Als u wilt dat uw ex terug.
    (2) Om HIV / AID of verwante ziekte te genezen
    (3) U wilt worden bevorderd in uw kantoor.
    (4) U wilt vrouwen / mannen te lopen nadat u.
    (5) Als je een kind wilt.
    (6) Bent u een aannemer en u wilt contract winnen
    (7) U wilt uw man te binden / vrouw te zijn
    jou voor altijd.
    (8) Als u hulp nodig hebt geestelijk.
    (9) Heeft u opgelicht en u wilt uw verloren geld terug te krijgen.
    (10) Stop Echtscheiding
    (11) aanroepen van Money Ritual
    (12) Om te controleren of je geliefde online is echt
    (13) Om te controleren of uw online lening is echt
    (14) Om heel briljant
    (15) Als u op zoek bent naar een goede baan
    (16) Als je oud bent en je wilt kijken jonge

    (17) Als u wilt vrij zijn van bedreigingen van betovering tegemoet in AFRIKA
    En nog veel meer ..

    Email ... church_ofmagic@outlook.com
    Website: churchofmagicindia.simplesite.com

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Foto's vertel stories

Ons Veldhuisie stap

Skuinskoekstorie en resep