'n Hart wat wil gee
Onlangs glip ek vinnig by ons dorp se Shoprite in om iets te kry. Ons Amé-kind houvas my hand. Oppad uit stop iemand ons. Het ek nie asseblief vir hom iets te ete nie? Ek weet daar is net skoonmaakmiddels in my sak en ek sien eerlikwaar nie kans om nou weer terug te draai om 'n brood te gaan koop nie. Dis moeite met 'n kind aan jou hand.
Ek beduie dat ek nie kos of geld het nie, jammer. Maar as dit die vierde ou is wat die dag by jou bedel is daar regtig nie meer veel jammerte in my hart oor nie. Ek dink ek raak so afgestomp dat ek besig is om my empatie te verloor! Terwyl ons wegstap vra Amé vies - "Hoekom wil mamma nie vir die oom geld gee nie?" Ek verduidelik dat party van die ooms op straat nie altyd die waarheid praat nie en die geld gebruik vir verkeerde goed. Ek kan sien sy luister mooi.
Dan antwoord se beslis:"Mamma, daai oom sou kos met die geld gekoop het." Sy laat voel my baie klein. Ek besef ek kan nie hierdie kans laat glip om reg te maak wat ek verbrou het nie. Ek draai om en roep die man oor die straat. Hy kom vinnig terug. Ek het nooit geld in my beursie nie, maar daardie dag het ek wel gehad. Ek gee hom geld en hy is baie dankbaar. Hy beduie ek moet wag en haal die mooiste botterskorsie uit sy sak. Iemand het dit vir hom gegee en hy kan nie eintlik iets daarmee doen nie, verduidelik hy.
Toe ons wegstap dra Amé die botterskorsie trots. Vandag het sy haar mamma iets geleer...
Ek lees deesdae 'n baie oulike boek - I Quit Sugar. Dit kom basies daarop neer dat as jy genoeg van die goeie goed eet, sal daar eenvoudig nie plek wees vir die slegte nie. Die waarheid daarvan besef ek eers eendag toe ek iemand van die boek vertel. Dis soos die lewe werk.
So probeer ek dus hard daarop fokus om dit by ons kinders toe te pas. Dis nie altyd maklik nie. Soms is Lambrecht vir die week van die huis af, of ek is moeg of honger, of ek het sleg geslaap omdat Daniel presies agt maal wakker was om te vra vir melk of water. Maar ek PROBEER.
Saans as ek hulle in die bed sit kyk ek in hulle helder kinderogies net voor hulle slaap en sê: "Pappa is baie lief vir julle, en mamma is baie lief vir julle, en God is BAIE lief vir julle." Ek hoop maar dat dit sal vassteek sodat hulle nêrens anders sal gaan liefde soek eendag nie. Oppad skooltoe bid ons vir die dag.
Gistermiddag gaan ons drie biblioteek toe. Ons pappa Beer is weer vir die week weg vir besigheid en ons probeer ons bes om ons dae te vul met interessante, opwindende, gratis vermaak! Oppad uit die biblioteek keer 'n man my weer voor. Hy vra vir 'n R5'tjie. Ek weet die man is nie baie eerlik nie, want hy het al vantevore 'n vreeslike kreatiewe, dog tragiese begrafnisstorie gehad waarvoor hy geld gevra het.
Ek sê vriendelik dat ek hom ongelukkig nie kan help nie. Amé vererg haar weereens vreeslik vir my, maar hierdie keer steur ek my glad nie aan haar nie.
Vanoggend oppad skooltoe herinner hulle my daaraan om vir die skooldag te bid. Net toe ek wil wegval wys Amé my daarop dat ek gerus maar vir daai oom ook kan bid vir wie ek nie gister geld wou gee nie.
Toe vra ek maar vir die Here onvergifnis as daai man dalk regtig gister honger was.

As jy genoeg van die goeie goed inneem, sal daar nie plek wees vir die slegte nie.

Comments
Post a Comment