Posts

Showing posts with the label Wimpy in Peterborough

Cream Soda in Tygervallei

Image
Wimpy in Peterborough Saterdagm ô re, so knap voor ons terugvlieg na die koningin se eiland, besluit ek en manlief om vir oulaas ‘n swikkie te gaan maak by Wimpy in Tygervallei. Ek vra vir ‘n tafel tussen die mense, in die middel rond. Ek wil mense kyk en vir oulaas Afrikaans h óó r.   Ons het skaars gesit of Lambrecht wys met sy o ë dat hy wil skuif na die eenkant tafel in die hoek. ‘n Man aan die tafel teenaan ons s’n eet half wild aan sy kaashamburger. Ek kan nie lekker besluit of sy etery my man se eetlus gaan demp of hom juis lus maak vir ‘n kaasburger nie.   Ek skud egter my kop beslis. Vanoggend wil ek g’n eenkant sit nie. Ek wil deel wees van ons kleurvolle geroesemoes. Vir oulaas.   Genadiglik neem dit die kaashamburger man nie te lank om sy burger te verorber nie. Intussen het Elvina kom vra wat ons sal eet. Elvina staan die gangetjie tussen die Wimpy-tafels vol, maar sy het ‘n dierbare geaardheid. Dit sal chips en ‘n cream soda wees, besluit my man ma...