Eerste vye in Augustus
Gister is dit vir die eerste keer in Engeland se somer regtig warm, heeldag. Ek trek na werk gou ‘n kortbroek en moulose hempie aan vir ver stap. Die son is so skerp dat ek selfs besluit om my sonbril op te sit. Ek moet natuurlik eers na die ding gaan soek. Die lug is gedurig so grou hier dat ‘n sonbril ‘n onnodige item geword het. Ek besluit om die pad te stap na ‘n onbekende bestemming. Ek wou sommer net stap, sonder my selfoon, tot my bene moeg was. My uitstappie neem my toe heel onverwags op in ‘n baie nostalgiese reis. Ek eindig uiteindelik op in Easton-on-the Hill. Di é dorpie herinner my onverwags aan Brandvlei, ‘n piepklein dorpie met net stofstrate in die Noord-Kaap. Ek kan my indink dat ‘n Engelse Brandvlei soos Easton-on-the Hill sou lyk! Ek stap sommer so met die inkomslag in Easton-on-the Hill, verby ‘n bos rose wat na Bloemfontein ruik. Dan gewaar my reuksintuig iets wat kompleet ruik soos die boompies in tannie Lee se Boesmanlandtuin. Ek ruik ook iewers my ouma se bl