Posts

Showing posts from June, 2012

Die Rooisee breek oop

Ek het ook Dinsdag die Rooisee sien oopbreek. Net soos Moses het met ‘n nasie Israeliete agter hom. Dis ‘n nederige, verstommende ervaring. My man s ê ek mag nie meer ongelooflik gebruik nie. Niks is ongelooflik nie. Dis gelooflik of verstommend…   Almal waarsku my vooraf dat ‘n wintervakansie in ‘n koffieplek in die Paarl ‘n sieldodende ervaring kan wees. Ek moenie te h oë verwagtinge koester vir die volgende paar weke nie. My keel trek toe, want daar’s sekere verpligtinge wat moet nagekom word.   Ons doen Maandag gemiddeld en ek bid Maandagaand en Dinsdagmôre smekend vir ‘n wonderwerk vir die res van die week. Ek skat net dat ‘n Hemelse Vader wat manna en kwartels uit die lug kan stuur, blindes kan laat sien en die dood kan oorwin, ook ‘n koffieplek kan volpak.   Dinsdagoggend begin sieldodend stil. Ek stap gou winkel toe om wegneem koppies te koop. En ‘n halfuur later stap ek by ‘n stampvol koffieplek in. Vrolike stemme maak elke gaatjie vol. Die kaggel knetter tevrede e

Jy kan die verskil wees

People go farther than they thought they could when someone else thinks they can. John C. Maxwell   Treffend   Oupa kom werk elke Dinsdag en Vrydag in ons koffiewinkel tuin. Soms noem hy my “mevrou”, en ander kere op my naam. Ek vermoed hy onthou nie altyd my naam so lekker nie. Oupa kry s ô ggens ‘n beker koffie en ‘n broodjie met invaltyd. Oupa drink egter net die helfte van sy koffie. Teetyd bring hy die ander helfte om weer opgewarm te word.   Oupa loop al krom en staan al lankal aan die verkeerde kant van 70. Oupa se klere is altyd skoon en netjies, al getuig dit van baie seisoene se dra. “Mevrou wiet, ek’s einlik ‘n vreeslike ‘smart’ man. Ek’t ‘n leather jacket byrie huis vir Sondae Mevrou. Hierie mense, hulle sal my nie ken op ‘n Sondag nie. En ek’t ‘n goue horlosie. Mevrou wiet, ek’t hom by American Swiss gekoop. Dis ‘n bl ê rrie ‘smart’ horlosie mevrou.” Anderdagm ô re bring Oupa sy American Swiss horlosie saam werk toe om by my te spog. Die horlosie is nog netji

Stoepsit en kuier

Ek’s ‘n programmetjie mens. My hele lewe word uur-vir-uur vooruit beplan. Elke kuier en draaitjie se ry moet sekuur deel wees van my dagboek, anders voel dit nie heeltemal so reg nie.   My man is weer meer van ‘n “op ingewing van die oomblik” mens. Hy kla nooit nie, maar ek vermoed my skedules put hom dikwels uit. Veral my Saterdag skedule. Op ‘n Saterdag moet jy immers alles inpas wat jy deur die week nie kon raakvat nie. Dis nou van die kruideniersware tot die potte kruie op die voorstoep. Dis die vol wasgoedmandjie en die huis wat uitroep na ‘n mop en besem. My pas en dagboek is dus meeste Saterdae skrikwekkend besig.   Gisteraand verras ek my man. “Geen lysies vir Saterdag nie my man,” kondig ek half trots aan. Ons gaan Evelyn oplaai om vandag ons huisie van plafon tot vloer te laat skitter. Verder hoef ons net te doen waarvoor ons lus het. My arme man lyk vir ‘n sekonde of twee byna uit die veld geslaan. Dan kom die uitbundigheid oor die nuus.   Ons staan Saterdagoggend

Soms se groot verlang

My ma se lemmetjiegroen kers brand vanaand. En Adam Tas se “Skilpadtepel” speel op ons piepklein swart “china shop special.” Alles is stil in ons Paarl huisie. Want vanaand mis ek my ma. Ek wil hoor wat sy dink van my kort haartjies en nuwe “highlites.” Ek wil haar vertel van die koffieplekkie waaroor ek nou so groot droom. Ek wil haar nooi na ons huisie en spog met ons nuwe banke. Ek wil haar bederf met haar gunsteling cremoratert vir koffietyd. Vir aandete wil ek haar aan my nuwe seekospasta laat smul. En ek sal ‘n lekker groot slaai daarby maak. Een met kersietamaties en baie fetakaas. Ek sal kerse op die tafel brand tydens ete. En ek sal Adam Tas speel. Ek’s seker my ma sal daarvan hou. Ek wil tot laatnag by my ma op die bed kuier. Ek wil maande, n èè , jare se stories vertel. My ma het die laaste, nou byna vier jaar, op so baie in haar drie meisiekinders se lewens uitgemis. Ek sal bly vertel en vertel totdat sy my later bedtoe stuur. Vroegoggend sal ek weer by haar ga

Die ding van geloof

Faith grows in the shadow of darkness.   Di è eenvoudige sinnetjie haal Danny, my nuwe baas, Maandag tydens ‘n vergadering aan. Dit kom sit vas iewers tussen hart en verstand en werk heelweek met my gestel.   Geloof is ‘n anderster ding.   Omdat Noag geglo het, was hy bereid om ‘n skip op dro ë grond te bou. Die Here h è t mos ges ê die stormwaters sal kom.Omdat Abraham bly glo het, al was Sara oud en onvrugbaar, het die Here hulle hulle gese ë n met ‘n babatjie. Omdat Moses geglo het, is hy die woestyn in met ‘n klomp Israeliete, oppad na die beloofde land. Omdat Dawid geglo het, het hy kans gesien vir Goliat. Omdat Josef bly glo het, het God hom in ereplek in Egipte gegee. Die storie van die bybel bestaan uit…omdat mense geglo het.   En ek is seker Dawid het miskien ook vir ‘n oomblik met die klippie in sy hand gedink: “O hel.” Of Noag terwyl hy timmer aan ‘n reusagtige skip op dro ë grond: “Ek hoop ek het reg gehoor.” Of Moses deur die woestyn: “Nou mis ek darem di

Veldbraai op Makkiesplaas

In die Swartkop se kamp het my pa en tannie Marinda ‘n veldhuisie laat bou. Dit staan langs ‘n laagte, tussen baie bome. Langs die huisie is ‘n hemelse klipskerm. Al ons kinders moes help klip aandra vir hierdie skerm. Die klippe kom van die swartkop verder af in die kamp.   En in hierdie veldhuisie   gaan ons nog enamelskottels vol herinneringe maak. Di é het ek net Saterdagaand gew éé t. Ons is laatnamiddag in verskillende bakkies uit veld toe. Die trek was te groot vir een voertuig. Stan en Marietjie sou die hout en musiek doen. Ek en Lambrecht kom agterna met koelbokse kos ens. My pa-hulle is heelagter met die tenk met water. Water moet nog aangery word vir die veldhuisie. Dis nou vir die luukse spoeltoilet.   Sommer met die afklimslag sit Stan vir Klipwerf aan. ‘n Saterdagaand is nie ‘n aand vir na stilte luister nie, meen Stan. Ons steek die gaslampe in die huisie ook al vroegaand aan. Die veldhuisie het geen elektrisiteit of selfoonopvangs nie.   Die Here bederf ons

Our Stamford sabbatical

I wrote this on the 12th of May...and didn't have any internet access until today! At this very moment I’m sitting at the Heathrow airport, waiting for my plane to depart at exactly 21:00. And for the first time I have a story that need to be told in English, as it was the English season in me and my husband’s lives. I need this story to be also reader friendly to the gorgeous English friends we made.   I went for a long walk this morning in Newport Pagnell, where my in- laws live. I would rather like to call them my “other parents”! During this one and a half hour walk I reflected on my year in England and I made amazing discoveries…   I realised that this year was me and Dan’s (Or Lambrecht as I know him) sabbatical in Engeland. I’d like to call it our sabbatical year in Stamford. According to dictionaries, a sabbatical is time you take to find yourself, to grow as a person.   That’s exactly what we did.   We grew as the Coetzee couple.   We used our year in Sta