Ons Parys-sambreel
Ongeveer 4 jaar gelede is ons vir ‘n langnaweek Parys toe. Toe het ons nog in Engeland gewoon en Europa was net ‘n klipgooi vêr. Ons vlug was baie vroeg die oggend en weens ‘n ongeluk op die hoofweg het ons so byna ons vlug verpas. My man was later ongeduldig en gefrustreerd. Ons was jonk getroud en ek was ontnugter deur my ander helfde se woede oor die situasie daardie oggend. Ons land dus toe in die stad van die liefde…glad nie in ‘n goeie bui nie. Ons eerste uitdaging was om ‘n plek te vind vir ontbyt. Ons bestel toe maar wat mens in Parys eet, naamlik croissants. Dit is bedien met slegs botter. Ek wou beslis kaas daarby hê. My arme man het alles probeer – van sy beste Afrikaans-Frans tot sy beste Engels-Frans. Na ‘n baie groot gesukkel kon hy daarin slaag om kaas te kry. Die weer was triestig en ons vervoer was hoofsaaklik maar te voet. Lambrecht het vroeg voorgestel dat ons ‘n sambreel koop. Ek het vasgeskop. Dis sommer nou onnodig. Ons begroting vir ons Parysnaweek was fy...