My Droom


Ek droom al lank van my eie boek. Een waarop my naam voorop sal staan omdat dit my vertelgoed is. My pa en my Marietjie-sussie was knaend – ek  moes my stories boek. Dan was daar ook Corieta, tannie Anetta en nog ‘n handjievol ander mense.
Einde Junie het ek en my Marli-sussie my droom gaan oppik in diep Kaap. Wat ‘n groot vreugde! Ons het oppad huistoe gestop vir kaaskoek en haselneutgegeurde koffies ter viering.

En die eerste Vrydag in Julie stel ek my boek bekend by Pofadderskou. Nogmaals dankie aan Alta vir die wonderlike geleentheid. So verkoop ek dus my heel eerste boekies in Pofadder! Dit voel steeds asof ek droom.

Ilse Louw het die spesiale voorblad ontwerp. Sy is een van die heel kreatiefste mense wat jy seker ooit sal ontmoet. Die van voorop is Nel-Coetzee. Dis nie so omdat ek probeer fênsie wees nie. Dis so omdat die boek stories wat oor amper 10 jaar loop, bevat. Dit sou dus net regverdig wees om albei my vanne te erken. Ek is immers nog net vier jaar ‘n trotse Coetzee.
Die boekies kos ‘n R100 een en ons kan altyd ‘n plan maak om een by jou uit te kry. My pa het ‘n klompie in Kakamas indien jy daar in die omgewing opsoek is na een.

Aan almal wat reeds ‘n kopie het – baie dankie vir jou ondersteuning. Ek waardeer dit regtig. Mag jy sommer baie lekker lees.

Comments

  1. Ag Sune! Kan jy dalk vir my 'n boekie pos asseblief?

    karolienschade@gmail.com

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Foto's vertel stories

Ons Veldhuisie stap

Skuinskoekstorie en resep