Die wonder van lewe


In this world we're just beginning
To understand the miracle of living
Baby I was afraid before
I'm not afraid, any more

Oh, baby do you know what that's worth?
Oh, Heaven is a place on Earth
They say in Heaven, love comes first
We'll make Heaven a place on Earth
Oh, Heaven is a place on Earth

 (Belinda Carlisle, Heaven is a place on earth)

 
Die liedjie speel gisteraand toevallig op RSG terwyl ek my ma se noedelslaai resep aan die een kant inlê, en aan die ander kant vir ‘n slag regte muffins bak. (Ek doen deesdae net die pakkie-ding.)

 Vanoggend gaan laai ek vir Jesse by Build It se voorstoep op. Sy kom werk so wanneer sy lus voel en geld nodig het. Sy’s laat soos gewoonlik. Met die inklimslag weet ek’t Jessie het gisteraand partytjie gehou. “Ja Suné, ek en my tjommies het gisseraand ‘n biertjie en soe gedrink. Jammer Suné.” Ek skud net my kop. Ek’s baie erg oor Jessie. Hoekom, weet ek ook nie aldag nie.

 Ons laai vir Jessie by die huis af en gaan ry ‘n draaitjie. My siel smag na ‘n slush puppy op die sonnige lentedag. ‘n Rooie. Toe ons by die huis kom hoor ek dadelik dat RSG nie meer gesels soos vroeër nie. Die musiek speel wild en uitbundig ons hele huisie vol. Jesse lyk gelukkiger. Lambrecht knik, sy het die stasie verander. Iets wat hy nog nooit eens gewaag het nie.

 Sy wil ook nie vandag tee en koekies hê nie, dankie. Net Coke. As ons het. Na ‘n glas coke is Jessie se energie weer terug. Ek kan die musiek nie verduur nie en gaan sit met my slush puppy op ‘n kampstoel in die sonnetjie.

 Dan hoor ek die voëltjies sing en onthou Belinda se liedjie gisteraand. Om te lewe is ‘n wonderwerk. Lente in die boland, na ‘n koue en nat winter, is so na aan hemel as wat mens seker kan kom.

 Dan gaan gooi ek vir Jesse nog ‘n glas Coke…die kombuis moet nog mooigemaak word vir die lente en sy begin lyk moeg.

Comments

Popular posts from this blog

Foto's vertel stories

Ons Veldhuisie stap

Skuinskoekstorie en resep