Kuier by Ouma in Sterkstroom
Ons stop Maandagmiddag betyds vir middagete by my ouma se rooidakhuisie in Sterkstroom. Alles lyk nog soos dit laas was. Behalwe vir die parmantige nuwe swart haantjie op my ouma se dakkie. Dis nou die dakkie wat oor die klein stukkie stoep by haar voordeur is. Die stoepie wat vol goetertjies is. My ouma is 'n goetertjie mens. Daar's die uil en akkedis teen die muur. Die plastiekwurms in die potplante, die klippe met geverfde boodskappe. Dis so uniek aan my ouma.
"Ounooi weg," verduidelik my ouma se bediende, Sletjie met sulke wilde armswaaie. Dit lyk amper of my ouma nie beplan om ooit weer terug te wees nie. Marietjie verduidelik dat dit ons ouma is, en dat ons dringend wil inkom. Ons moet toilet toe. Sletjie ken ons nie, en sy verstaan nie ons taal nie. Ek sien Marietjie raak benoud. Dan onthou sy van haar babafoto by Ouma se ingangsportaal - met wilde vingerswaaie beduie sy: "Dis ek."
"Whena?" vra Sletjie beindruk. "Ja whena", beaam Marietjie opgewonde. En toe gooi Sletjie Ouma se voordeur groot oop vir ons ontvangs. (Ons het maar gesukkel met die naam. Persoonlik is dit nou nie een van die top vyf name wat ek graag genoem sal wil word nie!)
Minute later is ouma se veel jonger, en erg energieke vriendin, tannie Sandra by die voordeur. Dis Sterkstroom se oumensies se jaarlikse kersete. Ouma is daar. Ons moet seblief kom saam eet. Ek en Marietjie protesteer aanvanklik bitter benoud. Tannie Sandra aanvaar egter nie nee vir antwoord nie. Toe ons weer sien, stap ons soos eendjies in 'n ry agter tannie Sandra aan in 'n saaltjie in een van Sterkstroom se agterste stofstraatjies. Oor elke tafeltjie is 'n kersfeesrooi tafeldoekie met kersversierings. By elke tafel sit ongeveer agt oumensies. En die saal is vol. Almal kyk vir ons. Sterkstroom kry immers nie dikwels besoekers nie...en buitendien weet die hele dorp van ouma Suzie se kleinkinders se kuier!
Na 'n middagslapie ondersoek ons eers of alles nog soos altyd is in Ouma se huis. Ons word nie teleurgestel nie. Die blou poppie op die toilet, wat vir die laaste 28jaar so op die toiletbak staan, staan steeds trots. Die onvriendelike porseleinhond onder die sitkamertafeltjie, het ook nog nie 'n aks geskuif nie. Die "pink panther" in die spaarkamer sit steeds met lui gekruisde bene op sy pienk kussinkie op die rottangstoel in die spaarkamer.
Party goed verander nie. Dit maak oumas se kuiers kosbaar. Dis asof tyd in hul huise eenvoudig stilstaan.
Dinsdagoggend na teetyd wil ek en Marietjie gou die teekoppies uitspoel. Daar gaan nie 'n teetyd of koffietyd sommer net ongesiens verby in my ouma se huis nie. Mens doen dit ordentlik - met fyn blommetjie teekoppies en tuisgebakte ordentlike koekies. Ouma het selfs 'n hemelse vrugtekoek gebak vir ons kuier. Ek moet byvoeg dat my ouma baie eerder teetyd en koffietyd sal geniet as byvoorbeeld middagete. My ouma is nie lief vir kos nie. Haar ewige soettand jaag haar suiker dikwels hospitaaltoe-gaan hoog op.
Gereed om ons teetydkoppies te was, besef ons dat daar geen water in die krane is nie. Net 'n onaardige geroggel. Ek's op die oomblik ontsteld. Ouma lyk nie in die minste gesteur nie. "Gebeur baie met ons krag ook. Dit sal seker so na nuus vanaand weer aangaan." Ons dra heeldag water in emmers aan uit die tenk. Na die nuus is daar steeds nie 'n teken van water nie. Nou is ek baie ontsteld. Ons dra vir elkeen 'n wasbakkie water aan om onsself ten minste net ordentlik af te vee. Teen Donderdagaand kan ons huil van vreugde toe die eerste water uit die krane kom. Dis steeds net koue water. Maar vir mense wat dae laas water uit 'n kraan gesien het, maak temperatuur lankal nie meer saak nie!
Donderdagoggend kondig Ouma aan dat sy ons 'n draaitjie met haar rooi Volla deur die dorp sal vat - sommer net vir 'n lekker "outing." En wat 'n lekker uitstappie word dit nie. Ouma ry heelpad in eerste rat en ons kry oorgenoeg tyd om Sterkstroom nou goed te bekyk. Ouma het ook 'n geneigdheid om te ry in die rigting wat sy kyk. Een of twee keer waarsku Marietjie benoud. Ouma hou nie van waarskuwings nie. Daar's immers niks fout met haar bestuursvernuf nie! Ouma vat ons deur Pep Stores, elkeen van die vyf Chinese winkels, Aviwa, die winkel tussen die hotel en die bottelstoor en 'n die tweedehandse meubelwinkel by die Caltex vulstasie. Ouma koop die lekkerste vetkoek by swartvrouens vir middagete en ons eet ons laaste ete by Ouma: Sterkstroom vetkoek en kerriemaalvleis. Vir nagereg draai sy 'n blikkie perskes oop, want sy's nou so lus vir iets soets.
Toe ons vanoggend my klein ouma in haar pienk kamerjassie groet, is my hart seer. Sy lyk so klein en weerloos, al het sy die moed van 'n leeu. Met die groetslag merk sy op dat sy regtig van my rokkies gehou het wat ek die afgelope week gedra het. Daai stywe hempies oor my ronde magie lyk egter nie mooi nie. Sy weet dis nou 'n nuwe gier, maar sy dink regtig nie ek moet dit so dra nie. Ek lag net. Ek neem nie aanstoot nie, want Ouma was nog altyd reguit. Sy was destyds ook die een wat genoem het dat my donker hare septies lyk. Blond pas my beter.
Net voor ons ry gaan ek gou toilet toe. Ek toets vir oulaas om te sien of die warm kraan nie dalk perongeluk werk nie. En sowaar - Vrydagoggend kom die eerste warm water sedert Dinsdagoggend uit Ouma se warm kraan!

Comments
Post a Comment