Boesmanland kom kuier
My plaasfamilie kom kuier eersdaags in ons nuwe Wellingtonhuis. As 'n windpomp nie onverwags breek, of 'n jakkals amok saai, of die plaaswerkers die pad vat nie, behoort hulle Woensdagnag laat te arriveer.
Ek's verheug. Ek beplan al weke lank aan die spyskaart vir hul langnaweek by ons. Elkeen se slaapplekkie word sorgvuldig beplan. Ons is 'n bietjie meer mense as beddens, maar familie verstaan gelukkig altyd.
Vandag gaan doen ek inkopies vir die groot kuier. Dit neem lank om te besluit watter sjokolade vir wie se bed. Selfs vir kleine Anmari moet ons op 'n soete bedbederf besluit. Ons winkeltrollie sug onder sy vrag. Want dis een ding wat ons Nelle graag doen - ons hou van eet. Ons is nie van daardie families wat laat ontbyt en dan deurstoot tot vanaand se braai nie. Ons eet ontbyt, teetyd is dit tee en koekies. Ons mis verseker ook nie middagete of namiddagkoffie nie. Elke saamkuier om die tafel of koffietafel is 'n "happening".
Behalwe vir die bed en spyse, moet ons huis ook blink. Tannie Marinda is soos ek. Ons sien nie onwelkome stoffies so maklik raak nie. Maar my Marietjie-sussie se blik mis nie 'n enkele stoflagie of vuil venster nie. Die verskil is dat sy 'n Lena en Patience het wat gedurig skrop en poets op die Millerton-werf. Ons skoonmaak feetjie kom heelwat minder gereeld in. Sy poets en vryf nie noodwendig blink nie. Sy hou net in stand. Ek besluit egter om haar sommer vir twee dae in 'n ry te bestel voor Marietjie voet aan wal sit. Hier sal Marietjie nie 'n troebel venster of flentertjie stof ontdek nie. Ons sal die rooi tapyt uitrol. Op 'n silwerskoon vloer!
Die oggend voor Marietjie en my pa-hulle se komste sal ek 'n sjokoladekoek bak en vars muffins vir ontbyt die volgende oggend. Die reuk van varsgebak moet nog verleidelik in die lug hang as hulle, hulle tasse indra. Ek sal vroegoggend opstaan om die jongste onkruid uit te ruk. Dis nou voor ek begin bak. Onkruid kom verskyn mos sommer so oornag. Ons is juis so trots op ons klein, maar netjiese tuintjie.
Ek dink manlief sal ook halluluja sing as die skoonfamilie arriveer. Hy't die eerste Maandag van sy vakansie hoofsaaklik spandeer aan DIY takies om sy swanger vroutjie gelukkig te hou.
Waar ek hier sit en tik voel ek skoon so lekker giggel in my maag van opgewondenheid. Want as die Here wil, is dit Woensdag hierdie tyd byna koffietyd...tyd vir koffie en sjokoladekoek en kuier saam met my hartsmense uit die Boesmanland.

Ek voel daai lekker giggel saam met jou niggie! liefde!
ReplyDelete