Posts

Eet, bid, liefwees

Image
Eet, bid en liefwees Vandag het niks gebeur nie. En tog ook so oneindig baie wat nie met die oog gesien kan word nie. Vanoggend is ek vroegoggend by Corieta weg nadat ek en sy gisteraand weer ons spesiale fliek-en-visaande gehad het. Oppad terug na my huisie het Celine Dion se Goodbye’s baie skielik en onverwags begin speel, liedjie nommer sewe op die spesifieke CD. Ek ken die nommer, want ander dae “skip” ek dit. Dit begin so: Mama, you gave life to me, Turned your baby into a lady, Mama, all you had to offer, Was the promise of a life time of love...   My hart was skielik alweer so baie seer. By die huis gekom het ek traag begin aantrek vir kerk. Daar, op die ingewing van die oomblik besluit ek toe om iets te doen wat ek nog nooit vantevore so blatant oorweeg het nie: Ek besluit dat ek vandag kerk gaan bank. Ek gaan Worcester toe ry vir Mug and Bean-koffie en ’n huil-fliek. Ek besef dat nie die koffie of die fliek of die brandstof ingereken is in hierdie maand sê baie mooi be...

Liefde vir padkos

Image
Die matriekafskeidrok waarin Ilse haar moes dieet het perfek gesit – net soos dit moes. Tannie Elaine (haar ma)   het prentjiemooi en skraal gelyk vir die matriekafskeiddrankies vooraf waarheen die ouers ook genooi is... Ilse & tannie Elaine Die vakansie het uiteindelik aangebreek en sommer met die eerste naweek na die matriekafskeid   word daar geëet asof dit oordeelsdag is.   ’n Ou pasta’tjie met ekstra room en kaas, tesame met ’n glasie witwyn vir saam met die ryk pasta, is op die spyskaart vir die Saterdagaand. Na die uiteet vat ons ’n koffietjie met van Cadbury se lekker nuwe “flavours” sjokolade...sommer net vir ’n laatnag happie so by die lekker kuier. Sondag is kuiertyd saam met die familie. Tannie Elaine en Ilse kom laatnamiddag eers by die huis: Vrolik en baie versadig. Daar’s blykbaar gekuier om ’n spit met lekker slaaie en nagereg daarna. Sondagaand kondig tannie Elaine aan dat sy nou regtig nie meer kan eet nie. Sy het lanklaas so klomp kos op een naweek ...

Treinspoorstap

Image
Corieta laat weet my Vrydagnamiddag dat hulle Saterdagmôre gaan stap – treinspoorlangs van êrens af tot by die Tolhuis Restaurant. Uitstappies saam met Erika, Annalise, Ebeth, Michelle en Corieta loop ek nie graag mis nie. Ek weet hulle nooi my soms ietwat huiwerig. Tussen hulle praat ek nooit eintlik saam nie. (Nou nie dat jy vreeslik praatkans gegun word nie! Hier veg elke ou vir sy spreekbeurt, want almal het altyd baie te sê!) Ek luister altyd net en lag. Ek lag baie, want tyd en ondervinding en jare het hulle geleer om die lewe met ’n knippie sout te vat. Hulle weet hoe om die humor in elke situasie te sien. En as ek by my huisie kom, kan ek nie wag om te skryf oor hulle en van hulle nie! Michelle,Annalise(agter),Erika,ek,Ebeth en Corieta Hierdie Saterdag was geen uitsondering nie. Ons pak die pad saam met nog ’n hand vol fikser vrouens as onsself aan. Die vrouens is aangetrek, gehoed en gewater vir groot stap. Sommer uit die staanspoor sien ek dat hulle nou nie gekom het vir lag...

Charlies se kersligkinders

Woensdagaand sit ek agter Charlie Hofmeyr se blou voorhooggordyn saam met Retief Burger, baie bekende gospelsanger. Ons drink Hot Chocolate en gesels oor die storie van ons elkeen se lewens. Tussendeur hot chocolate en baie praat knibbel hy aan Hester se ma se lekker biltongtoebroodjies. Gemaklike mens, die Retief. Man so na aan God se hart, hoor ek sommer gou. Ek voel yskoud van senuwees voor sy vertoning. Aan die anderkant van die blou skoolgordyn is 'n klomp honger kinders met seer stories. Ek weet. Daar's 'n handjievol ouers wat daar is omdat hul kinders nie alleen kon kom nie. Daar's NG-predikante en daar's 'n Shofar-pastoor... EK weet Retief weet hoe om atmosfeer te skep en mense se harte te raak, maar tog. Hy het 'n vaal ou skoolsaal en geen "band" tot sy beskikking daardie aand. Dis dit. Maar die Here was daar, jy kon dit voel. So baie mense het ook vooraf gebid vir hierdie geleentheid. Die aand is meer as waarvoor ek kon bid, baie me...

My Blog-bederf

Ek besef dis selfsugtig om te blog. Baie selfsugtig. Tog wil ek myself die luukse van blogging gun so aan die begin van die lentemaand. Ek wil myself bederf met stories vertel wanneer mooi dinge my hart roer. Ek wil sekere hartsgoed uitbasuin...want "blessings" moet immers van geweet wees! Ek het 'n hartsbegeerte om te vertel van mense soos Oom Ernest en tannie Linda Sondag in die kerk in P.A. Hamlet. Oom Ernest, witgrys fier en regop langs die groot liefde van sy lewe: Tannie Linda. Tannie Linda daarteenoor is nog bloedjonk van gees, maar ongelukkig is sy afhanklik van haar krukke om te kom waar sy wil wees. My oog betrap oom Ernest vir tannie Linda knipoog tydens 'n hoesbui. Die knip is vinnig - maar tannie Linda weet dadelik dis 'n: "Is jy oraait my lief," knipoog. Later beur tannie Linda vasbeslote regop wanneer ons "Heilig, heilig, heilig" sing. Oom Ernest stut haar liefdevol teen die rug. Hoekom beland vier uit elke vyf Suid-Afrikaans...