Posts

Kleure-atletiek op Kakamas

Gistermiddag, hard middag, bloedig warm, ry ek verby 'n skool se kleure-atletiek. Ek vermoed dis La Rochelle sin. Die dirigente probeer hul bes om die skare op te sweep. Onderwysers skuil onder groot hoede en sambrele. Die skare lyk moeg en warm. Dan onthou ek vir Kakamas... Ek was nooit lief vir atletiek nie. In die laerskool was ek van die groepie sonder afstand of spoed. Van sub.A af al het ek atletiek gehaat. Ek onthou hoe juf. Marlien ons in rytjies op die gras laat staan het. As sy haar hande klap moes jy hardloop. My P.T-broek het altyd ongemaklik tussen my bene opgetrek en my bene wou nooit vinnig hardloop nie. Genadiglik het ek in die hoërskool ontdek dat bene wat nie vinnig hardloop nie, wel ver kan hardloop. En dat die 1600m 8-uur op 'n Saterdagoggend as die Kakamasson alreeds hoog sit, meer van 'n kop-ding, as 'n bene-ding is. Ek het ook laterjare vrede gemaak met die feit dat die Here nie almal met die gawe geskape het om oor die hoogspring lat te sei...

Koekblikke wat oorloop

Life is like a ten-speed bike. Most of us have gears we never use. – Charles Schultz   Fluks mense kan my vreeslik inspireer. Of soms net groen laat van jaloesie.   Oor kerstyd kuier ek weer by my middelsus kort duskant Pofadder. Sommer met die eerste koffietyd pluk sy die allerheerlikste vrugtekoek uit – swaar van brandewyn en vrugte. Ek wik-en-weeg eers of ek my ongebore baba wil blootstel aan so ‘n hoeveelheid brandewyn op ‘n slag, maar dan wen my liefde vir vrugtekoek. Dis een van die beste vrugtekoeke wat ek nog ge ë et het. “Uit tannie Tersia se boekie. Dis haar resep. Ek het dit sommer in die sonstoof gebak,” vertel-spog sy skouerophalend. So asof vrugtekoek bak sommer maklik is.   Die volgende dag kom Lena ewe kordaat met ‘n bos beet by die huis aan. “Klein mies, die beet, hulle skiet saad,” verduidelik sy op haar manier. Ek keer myself gelukkig voor ek Lena kan vertel dat g’n mens beet inl ê tussen Krismis en nuwejaar nie. Al l ê wat dan behoort ge...

Swembroek vir 'n swangerlyf

Ek het altyd uitgesien na my swangerboepie. Wat is immers nou mooier as ‘n swanger mamma met ‘n swart bikini wat trots haar   boepie wys. Of ‘n stywe rokkie wat speels om haar enkels waai terwyl sy vrolik swanger is. In tydskrifte lyk   swanger vrouens altyd so blosend mooi. Volledig vrou. Ek gaan soek vol optimisme na my eerste swanger swembroek, of swanger bikini. Ek neem manlief nie eens saam nie. Ek wil hom immers vanaand verras met ‘n swembroek modeparade. Met die regte swembroek sal ek vol selfvertroue saam met die res van ons sekuriteitskompleks kan swem na werk smiddae. Ek sal selfs my vel eksoties kan sonbruin by die see. Ek sien al hoe ek soos die tydskrif swanger mammas gaan lyk. Selfs my rietskraal vriendinne gaan my, my swanger lyfie beny, dink ek tevrede terwyl ek na ons naaste winkelsentrum ry. My optimisme is van korte duur. My ontnugterting is groot toe ek besef dat Paarl mall nie noodwendig voorraad aanhou vir swanger vrouens nie – wat nog te s ê...

Marli is oppad Potch toe

Na ons kersmiddagslapie gaan sit ons   lui op die voorstoep. Dis tyd vir lysie maak. (My absolute gunsteling aktiwiteit in die w ê reld – tot my man se irritasie.) Ons baba-sussie gaan eersdaags Potch toe vir haar eerste studiejaar. Ons moet haar help met ‘n lysie van belangrike inpakgoed, koopgoed, kosgoed en ander onthougoed. My pa sit by. Hy wil darem ook insette lewer.   Ek kan byna nie glo haar tyd het aangebreek het nie. Dit voel net soos anderdag nog toe sy haar gunsteling armband vir my kom gee het – oor ek so gehuil het toe ek voor my nuwe koshuis afgelaai is in Bloemfontein. Rou eerstejaar uit die Boesmanland. Alles maak jou bang. Die baie mans, die kwaai seniors, die baie karre en mense, die min vlaktes en stof.   Nou is dit egter Marli se beurt. Potch toe.   Ons begin by kombuisgoedjies. Sy moet ‘n braaipan kry. Ons het graag Sondagvleis in ons braaipanne gebraai. Net baie spesiale vriendinne kon saam eet. Sy moet ook ‘n klein Pep Stores pann...