Posts

Hoop in die droogte

My pa boer van altyd af in die Boesmanland. Hy is gebore op Makkiesplaas. Sy grootjies en sy pa en my ma se grafte lê almal in die familie begraafplaas. Soms vra ek of dit die moeitewerd is om hier aan te gaan? Die Boesmanland is ‘n harde wêreld. Dan antwoord my pa – “Dis dan al wat ek ken my kind, waarheen sal ek anders gaan?” Ek praat gisteraand weer met my pa oor die foon. Ek vra altyd oor die veld en die skape. Die Boesmanland stof is immers ook in my bloed. Die laaste tyd raak die stories amper vir my te erg om te hoor. Skape wat die bakkie byna bestorm omdat hulle weet dis kos. My pa sê dis die laaste tyd ‘n gesukkel om sy bakkie se deur oop te kry. Die skape “omsingel” amper die bakkie. Hy vertel van die droogtelammertjies wat vrek omdat die mamma hulle eenvoudig wegsmyt. Hy kan nie meer die skape vol kry nie, daar is eenvoudig nie genoeg voer nie. Hy hou hulle net aan die lewe. My pa is ‘n groot man, maar hy sê hierdie droogte laat hom huil soos ‘n kind. Anderdag kom h...

Die draadwerkersdieet

’n Wonderlike week in die winter gaan vertoef ons in Makkiesplaas se Veldhuisie. Hierdie lappie heilige grond waar daar nog geen google of DSTV of Facebook is nie. My pa verduidelik op watter hoogtetjie mens kan klim vir MTN-opvangs. Ons stap draaie om daardie hoogtetjie. Saans maak ons donkievuur en vroegaand sit en kuier ons om die gaslamp. Net ek en my man en ons kindertjies. Die Boesmanland raak koud in die winter – daardie tipe koue wat sny deur jou gebeendere! Ek gaan met die beste intensies op vakansie. Die oggende is ongelukkig vriesend koud. Letterlik. Die kripwater en soms selfs die water in die pype is kliphard vasgevries. Wie draf in sulke koue?! Ek besluit vooraf dat ek eenvoudige kos gaan saamneem Veldhuisie toe; nie ‘n enkele slaaiblaar of pit of saad of iets in die kategorie nie. Die beste wat ek doen is naartjies, rosyne, patats, dadels en wortels. Die bederf mos nie so maklik nie. Saans sal ons braai en ‘n vorm van brood daarby maak. Ek neem genoeg ordentlike...

Botter en room

Image
Saterdagaand kuier ons by Anton en Jean-Maré aan huis. Jeandré en Lyndi is saam met ons genooide gaste. Tussen ons drie paartjies is daar ‘n volle vyf seuns en een prinses. Kos en wyn en koffie is belangrik vir Anton en Jean-Maré. Hulle bedink die spyskaart en kies dan noukeurig wyn wat by die spyskaart pas. Jean-Maré hou van beproef. Na die nagereg is die koffiemaak altyd ‘n proses, want hul rooster hul bone self. Hulle kombineer verskillende bone. Hulle eksperimenteer en speel tot hul by die perfekte koppie koffie uitkom. Gisteraand bied ek aan om nagereg te bring. Dis ‘n meringue met soet room (Jean-Maré het die room geklop met net so twee knippies strooisuiker – daar is ‘n verskriklike mooi naam daarvoor, wat ek nie nou kan onthou of spel nie!), met aarbeie en pistachios op die room. Dan het ek sommer glitter oor die hele ontploffing gestrooi om bling na die poeding te bring. Die mans eet hul nagereg vinnig en doelgerig. Hulle wil klaar eet om op die bank te gaa...

Verlep

Image
Vanoggend skuins na 5 durf ons drafgroep die bult langs Wellington se ho ë rskool aan. Almal klink klaerig. Almal voel tam en moeg. Dis seldsaam dat die lede van die drafgroep so praat. Daar is normaalweg net optimisme en energie as jy aanmeld vir draf soggens 5-uur. Ek sien dit in my vriende. Ek sien dit in my kinders. Ek sien dit selfs op TV. Lewensblye Pippa lyk die laaste tyd taamlik gedaan gelewe. My Emsie-vriendin s ê net mense met klein kinders sal weet om Pippa nie te oordeel oor haar (klaarblyklike) drankprobleem nie. Kinders grootmaak is ń voorreg. Maar. Dit verg egter ALLE energie en ALLE geduld waaroor jy beskik. Soms meer as waaroor jy beskik. Ons is halfpad deur 2017. Meeste van ons lyk verlep. . Ek gaan stop anderdag met ons twee en die bure se twee in ń vreemde iemand se wingerd net buite Wellington. Die kindertjies begin hardloop dadelik sorgeloos in die stofpad af. Later pak Liam ń kamma-kamma vuurtjie en Dani ë l help hom daarmee. Nie lank nie of die...

'n Hart wat wil gee

Image
Onlangs glip ek vinnig by ons dorp se Shoprite in om iets te kry. Ons Amé-kind houvas my hand. Oppad uit stop iemand ons. Het ek nie asseblief vir hom iets te ete nie? Ek weet daar is net skoonmaakmiddels in my sak en ek sien eerlikwaar nie kans om nou weer terug te draai om 'n brood te gaan koop nie. Dis moeite met 'n kind aan jou hand. Ek beduie dat ek nie kos of geld het nie, jammer. Maar as dit die vierde ou is wat die dag by jou bedel is daar regtig nie meer veel jammerte in my hart oor nie. Ek dink ek raak so afgestomp dat ek besig is om my empatie te verloor! Terwyl ons wegstap vra Amé vies - "Hoekom wil mamma nie vir die oom geld gee nie?" Ek verduidelik dat party van die ooms op straat nie altyd die waarheid praat nie en die geld gebruik vir verkeerde goed. Ek kan sien sy luister mooi. Dan antwoord se beslis:"Mamma, daai oom sou kos met die geld gekoop het." Sy laat voel my baie klein. Ek besef ek kan nie hierdie kans laat glip om reg te maak wa...

Saam om 'n tafel

Die laaste week kuier ons met drie verskillende, baie uiteenlopende, baie lekker gesinne. Dis nie ons styl nie. Ons kuier hoogstens een maal ń week met mense op 'n Saterdagaand, met die klem op hoogstens. Ek kom uit ń grootwordhuis waar kuier op Saterdagaande so half wet was. My ma was besonders lief vir mense, en dit was deel van ons gesin se kultuur; skermkuier op Saterdagaand met die bure. Omdat my ouers op ń plaas gewoon het, kon dit soms eensaam raak. Daarom was Saterdagaande kuier so half ń noodsaaklikheid. Aangesien ons gesinnetjie nou “ dorpsmense ” is en manlief daagliks in 'n  baie groot en besige kantoor werk, is sy aptyt vir Saterdagaand kuier ietwat minder. ń Sameloop van omstandighede maak dat ons die laaste week dus so baie kuier. Saterdagaand kuier ons by Lyndi en Jeandr é en kleine Jean-Luc op hul lieflike plaasstoep buite Riebeeck-Kasteel. Die uitsig slaan jou asem weg en jy kan op ń mooi dag tot by Tafelberg sien. Wanneer jy so op hul stoep k...

Vrydagmiddag in Wellington Spur

Dis Vrydagmiddag 15:30 in Wellington se Spur. My kinders verdien ’n Spur roomys, voel ek. Dit was ’n besige week in my lewe en hulle het regtig mooi saamgewerk. Die Spur is nog relatief stil. Agter ons sit ‘n klein gesinnetjie met pappa, mamma en eersteling. Pappa en Mamma is baie beïndruk met elke koer-geluid uit baba se mond. Dis hoe ek weet dis die eersteling. Pappa en Mamma eet van Spur se stewige maaltye, kompleet met chips en uieringe en ’n groot Coke. Blou-oog vriendelike baba knibbel saam aan chippies. Ons kinders is uit hul nate. Ons kom nie dikwels in Spur nie. Dis niks persoonliks nie, maar ek hou nie baie van Spur se koffie nie. Wimpy sin is beter. Maar omdat vandag nie gaan oor my nie, besluit ek om maar die koffie te verduur. Dit neem ’n rukkie om te besluit wat ek sal bestel. Eintlik is ek lus vir ’n Savannah light. Dit sal ’n eerste keer vir my wees om alleen alkohol te verbruik in ’n eetplek. Dit voel nie heeltemal reg nie. Netnou kom betrap iemand bekends my hier...