Posts

Stoepdans 2018

Ons besluit op die laaste nippertjie om ‘n dag langer op Millerton te bly as beplan. Mens mis nie graag uit op ‘n Millerton stoepdans nie. Saterdagnamiddag skuins voor 6 arriveer die eerste gaste. Almal is in hul netjiese nuwejaarsklere vir die stoepdans en bring-en-braai op Stan en Marietjie se plaaswerf. Die bure het sommer saam besluit om die jaar so af te sluit. My Marietjie-sus se lyf is ook al ‘n ongemaklike 30 weke ver swanger en sy verkies om eerder by haar huis te partytjie as elders. Almal bring hul eie vleis en drankies. Dit lyk aansienlik anders wanneer vleisprodusente bring-en-braai as by ons in die dorp. Hulle tel nie tjoppies per kop nie. Hulle pak ‘n braaipan taamlik vol. Vleis is daar altyd in absolute oordaad. Sarien en Jaco bied aan om die brood vir die aand te behartig. Sarien klim af met twee van daardie groot, ronde tupperware bakke wat mens kry – vol deeg. Om die kersie op die koek te sit het sy tuisgemaakte botter vir die roosterkoek. Botter wat sy self...

Nabetragting oor 2017

My lewe was aan die einde van hierdie jaar buite beheer – of so het dit gevoel. Daar moes te veel dinge op een slag gebeur, en daar was eenvoudig te min tyd. Dalk voel almal so in Desember. Ek het te veel gekla oor dinge waaroor ek nie wéér wil kla nie. Ek het te veel geëet van goed wat nie goed is vir my lyf nie. Ek het myself te veel  vergelyk met ander se perfekte facebook lewens. Ek het te min gelees. Ek het te min gebid. Ek het te min op die stoep gesit en luister na ons kinders se geselsies en sommer net gedagdroom. Ek het heeltemal te min gelag dat die trane loop. Toe ek twee weke gelede op Makkiesplaas arriveer, was ek soos iemand wat se ruite toe gewasem is. Jy weet mos hoe moeilik dit is om op ‘n wintersoggend deur jou ruit te sien as dit gewasem het. Die wêreld is ‘n onsigbare raaisel. Ek was dáár, absoluut vuisvoos gelewe aan 2017. Dis twee weke later en die uitsig deur my ruit is prentjie mooi. Ek sien weer. Ek het intussen ‘n paar oggende afgeskop met mel...

Hoop in die droogte

My pa boer van altyd af in die Boesmanland. Hy is gebore op Makkiesplaas. Sy grootjies en sy pa en my ma se grafte lê almal in die familie begraafplaas. Soms vra ek of dit die moeitewerd is om hier aan te gaan? Die Boesmanland is ‘n harde wêreld. Dan antwoord my pa – “Dis dan al wat ek ken my kind, waarheen sal ek anders gaan?” Ek praat gisteraand weer met my pa oor die foon. Ek vra altyd oor die veld en die skape. Die Boesmanland stof is immers ook in my bloed. Die laaste tyd raak die stories amper vir my te erg om te hoor. Skape wat die bakkie byna bestorm omdat hulle weet dis kos. My pa sê dis die laaste tyd ‘n gesukkel om sy bakkie se deur oop te kry. Die skape “omsingel” amper die bakkie. Hy vertel van die droogtelammertjies wat vrek omdat die mamma hulle eenvoudig wegsmyt. Hy kan nie meer die skape vol kry nie, daar is eenvoudig nie genoeg voer nie. Hy hou hulle net aan die lewe. My pa is ‘n groot man, maar hy sê hierdie droogte laat hom huil soos ‘n kind. Anderdag kom h...

Die draadwerkersdieet

’n Wonderlike week in die winter gaan vertoef ons in Makkiesplaas se Veldhuisie. Hierdie lappie heilige grond waar daar nog geen google of DSTV of Facebook is nie. My pa verduidelik op watter hoogtetjie mens kan klim vir MTN-opvangs. Ons stap draaie om daardie hoogtetjie. Saans maak ons donkievuur en vroegaand sit en kuier ons om die gaslamp. Net ek en my man en ons kindertjies. Die Boesmanland raak koud in die winter – daardie tipe koue wat sny deur jou gebeendere! Ek gaan met die beste intensies op vakansie. Die oggende is ongelukkig vriesend koud. Letterlik. Die kripwater en soms selfs die water in die pype is kliphard vasgevries. Wie draf in sulke koue?! Ek besluit vooraf dat ek eenvoudige kos gaan saamneem Veldhuisie toe; nie ‘n enkele slaaiblaar of pit of saad of iets in die kategorie nie. Die beste wat ek doen is naartjies, rosyne, patats, dadels en wortels. Die bederf mos nie so maklik nie. Saans sal ons braai en ‘n vorm van brood daarby maak. Ek neem genoeg ordentlike...

Botter en room

Image
Saterdagaand kuier ons by Anton en Jean-Maré aan huis. Jeandré en Lyndi is saam met ons genooide gaste. Tussen ons drie paartjies is daar ‘n volle vyf seuns en een prinses. Kos en wyn en koffie is belangrik vir Anton en Jean-Maré. Hulle bedink die spyskaart en kies dan noukeurig wyn wat by die spyskaart pas. Jean-Maré hou van beproef. Na die nagereg is die koffiemaak altyd ‘n proses, want hul rooster hul bone self. Hulle kombineer verskillende bone. Hulle eksperimenteer en speel tot hul by die perfekte koppie koffie uitkom. Gisteraand bied ek aan om nagereg te bring. Dis ‘n meringue met soet room (Jean-Maré het die room geklop met net so twee knippies strooisuiker – daar is ‘n verskriklike mooi naam daarvoor, wat ek nie nou kan onthou of spel nie!), met aarbeie en pistachios op die room. Dan het ek sommer glitter oor die hele ontploffing gestrooi om bling na die poeding te bring. Die mans eet hul nagereg vinnig en doelgerig. Hulle wil klaar eet om op die bank te gaa...

Verlep

Image
Vanoggend skuins na 5 durf ons drafgroep die bult langs Wellington se ho ë rskool aan. Almal klink klaerig. Almal voel tam en moeg. Dis seldsaam dat die lede van die drafgroep so praat. Daar is normaalweg net optimisme en energie as jy aanmeld vir draf soggens 5-uur. Ek sien dit in my vriende. Ek sien dit in my kinders. Ek sien dit selfs op TV. Lewensblye Pippa lyk die laaste tyd taamlik gedaan gelewe. My Emsie-vriendin s ê net mense met klein kinders sal weet om Pippa nie te oordeel oor haar (klaarblyklike) drankprobleem nie. Kinders grootmaak is ń voorreg. Maar. Dit verg egter ALLE energie en ALLE geduld waaroor jy beskik. Soms meer as waaroor jy beskik. Ons is halfpad deur 2017. Meeste van ons lyk verlep. . Ek gaan stop anderdag met ons twee en die bure se twee in ń vreemde iemand se wingerd net buite Wellington. Die kindertjies begin hardloop dadelik sorgeloos in die stofpad af. Later pak Liam ń kamma-kamma vuurtjie en Dani ë l help hom daarmee. Nie lank nie of die...

'n Hart wat wil gee

Image
Onlangs glip ek vinnig by ons dorp se Shoprite in om iets te kry. Ons Amé-kind houvas my hand. Oppad uit stop iemand ons. Het ek nie asseblief vir hom iets te ete nie? Ek weet daar is net skoonmaakmiddels in my sak en ek sien eerlikwaar nie kans om nou weer terug te draai om 'n brood te gaan koop nie. Dis moeite met 'n kind aan jou hand. Ek beduie dat ek nie kos of geld het nie, jammer. Maar as dit die vierde ou is wat die dag by jou bedel is daar regtig nie meer veel jammerte in my hart oor nie. Ek dink ek raak so afgestomp dat ek besig is om my empatie te verloor! Terwyl ons wegstap vra Amé vies - "Hoekom wil mamma nie vir die oom geld gee nie?" Ek verduidelik dat party van die ooms op straat nie altyd die waarheid praat nie en die geld gebruik vir verkeerde goed. Ek kan sien sy luister mooi. Dan antwoord se beslis:"Mamma, daai oom sou kos met die geld gekoop het." Sy laat voel my baie klein. Ek besef ek kan nie hierdie kans laat glip om reg te maak wa...