Room-en-aarbeikonfyt sonder skuldgevoel
Sy kom stap Frothy’s koffieplekkie in op ‘n rustige pas. Sy stap sommer reguit na die toonbank om te bestel. Sy lyk meer as gemaklik in haar helderpienk skouerlose hempie en denim. My ma sou sê sy lyk mooi gesond. Ouma Suzie sou sê: “Sy beter ‘watch’ wat sy eet, want sy sal bitter vinnig rolletjies aansit.”
Sy doen iets wat my heeltemal uitboul. Die deursnee vrou staan eers lank en staar na die spyskaart voordat hulle bestel. Heel dikwels moet jy ook eers die vernaamste verskil tussen ‘n “caffe latte” en ‘n “cappacino” uitwys voordat hulle tóg besluit om eerder ‘n gesonde teetjie te bestel.
Voor die uitstalling van koeke en lekkernye kan dit úre neem. Eers word die kilojoules van elke sny koek teen mekaar opgeweeg. Dan word die uitwerking van die koek op jou skaal en die genot van om dit te geniet, teen mekaar opgeweeg. Dis werklik vir ‘n vrou moeilik om te besluit óf sy koek sal geniet en of dit eerder “carrot cake” of “squidgy lemon” sal wees. Dan is daar ook nog die “double chocolate brownies” en die verruklike “white chocolate and macadamia cookies”.
Terug by pienk hempie…Sy het sonder om twee maal te huiwer begin bestel (Waar ek werk bestel en betaal die “customers” by die toonbank en ons neem dit dan net na hul sitplek.) Sy wou ‘n “white hot chocolate” met ‘n ekstra skeut vanilje stroop daarin hê. My keel het ongemaklik begin toetrek bloot aan die gedagte van presies hoe ongelooflik soet dit gaan wees.
Dan bestel sy verder ‘n skon met aarbeikonfyt en room. Ek neem dit vir haar en sy sê alte dankbaar, “thênk you.” Abigail, wat saam met my bedien, beweer dat sy definitief Italiaanse wortels het. Haar aksent verklap als.
Nou hou ek haar dop by haar tafel voor die venster. Ek kan nie dink hoe enige vrou ‘n suikersoet “white hot chocolate” én tamaai skon met aarbeikonfyt en room kan eet sonder om skuldig te voel nie.
Pienk hempie geniet haarself egter gate uit. Sy smeer die room eintik in sulke geil, spierwit hale op haar skon. By tye sit sy agteroor en lyk dolgelukkig met haar lewe én haar lyf terwyl sy nog ‘n teugie “white hot chocolate” behaaglik afsluk.
Sy drink haar beker leeg en skraap die laaste room en konfyt uit die bakkies voordat sy padvat.
Terwyl sy uitstap, beny ek haar vir ‘n oomblik. Dit moet hemels wees om so tevrede te wees met jou lewe én jou lyf. Dit moet goed voel om room te eet en “full fat” drankies te drink sonder om kilojoules op te weeg. Ek word nie tyd gegun om haar te lank te beny nie.
Voor die toonbank staan alweer ‘n nuwe klant, plankdun en vreeslik onvriendelik. Sy soek net groentee asseblief. En nee, sy wil níks saam met dit eet nie, dankie...

Comments
Post a Comment