Ons vier die liefde
Ons heel eerste Valentynsdag is gevier met 'n maanligpiekniek by die Taalmonument. Ek onthou dat Lambrecht heelaand net in my oë wou staar. My maag het later gegor vir die kaas en beskuitjies. Ons het vonkelwyn gedrink tot my kop lig was van die liefde. Na die piekniek het ons gaan dans by Opskop. Net ons twee, omdat ons lus was vir dans. Ons tweede Valentynsdag het ons nog by Santé Spa gevier met 'n spa-behandeling. My heel eerste spa ervaring. Ek was in die wolke. Na die afspraak is ons eers Paarl Mall toe vir 'n CD van Enya. Ons wou nie afval van die wolkie waarop ons was nie. Op maat van Enya is ons na Val de Vie - die pragtige landgoed met perde resiesbaan. Ons het aan "cocktails" sit en filosofies raak oor die lewe. Ons was jonkgetroud - opgewonde oor ons toekoms saam. Laasjaar was ons Valentynsdag in Engeland. Dit was onmenslik koud. Die kombuis se verwarmer was byna heeldag aan. Ons voorgereg was kaas en beskuitjies uit die hartjie bordjies wat ek by m...