'n Boesmanlander kook Thai

Ek besluit om Maandag na die paasfeesvieringe my hand aan Thaise hoender te waag. Nou vir iemand wat nog nooit eens self vantevore Thai-hoender geëet het nie mag dit dalk ietwat gewaag wees. Waar daar egter ‘n wil is, is daar ‘n weg.

Ek kry die lekker Thai-resep agter op die verpakking van die pakkie waarin al die nodige bestanddele netjies in kompartemente lê – die kon ek vir ‘n appel-en-‘n ui by ons naaste supermark, Tesco’s koop.

Terwyl Martelize oggendversoeke oor RSG aanbied, begin my groot waagstuk.

Die heerlike, dog vreemde reuke van opgekerfde gemmer, knoffel en koljander vul ons hele leefvertrek. Ek verlekker my behoorlik in die fees van reuke waaraan ek glad nie gewoond is nie.

Genadiglik is die reseppie eenvoudig en ek deel dit maar te graag:

Kerf die chillie, koljander en knoffel saam op. Meng dit meng growwe sout en braai ongeveer 1min lank in ‘n bietjie olie. Voeg daarna die baba uitjies, baba mielies, vars boontjie en ertjiepeule by en braai vir ‘n verdere 2min saam. Daarna word hierdie mengsel oor jou gaar hoenderstukkies gegooi, tesame met ‘n blikke “light coconut milk”. Kook dit vir 5min saam.


Sit die gereg voor saam met Indiese naan brood.


Die sousie is taamlik lank en ek en my man het die naanbrood sommer later met sulke lang hale daarin gedoop voordat ons dit geëet het. Die dopery in die sous wou-wou my herinner aan hoe my pa altyd sy boerbrood sou doop in die gebakte wors se vet sousie. Dis sekerlik een van die heel lekkerste doopbroodjies waaraan jy ooit jou mond sal sit. Dit kom nie eens naby naan brood in Thai-sous nie!

Nietemin, ek en my man het behoorlik ‘n fees gehad rondom die Thai-hoender en Indiese naan brood. Die hoender brand natuurlik effe skerp en na die ete was my neus sowaar effe loperig. Ek is egter onbeskryflik trots op my eerste uitlandse kookkuns proeflopie en kan nie wag om weer my hand aan iets nuuts te waag nie. Dalk Chinees vir volgende Maandag...




Maar sowaar as vet, die dag as ek weer voet-aan-wal sit in Suid-Afrika, is ek terug op vet skaapvleis as stapelvoedsel! Geen Thai of Chinees of Indies kom eens naby aan vleis nie…

Comments

Post a Comment

Popular posts from this blog

Foto's vertel stories

Ons Veldhuisie stap

Skuinskoekstorie en resep